Tuesday 14 June 2016

Basaar-nabetragting!

2016 se basaar was die laaste een waar ek
werksaam was. Van nou af, gaan ek dit net
bywoon!!   
2016 se basaar het sy kwota koue gebring en al die Kimberliete is nie ewe dapper om die koue te trotseer vir heerlike outydse gemmerbier, poedings, pannekoek en braaivleis nie.

Verder het ek gedog dat die jongmense en kinders in groot getalle sal opdaag. Dis mos baie lekkerder om te basaar as om te studeer, maar hierdie ou omie was verkeerd.

Ons het julle gemis by die basaar. Maak 'n plan om volgende jaar in groot getalle op te trek.

En so merk ons nog 'n aktiwiteit op 2016 se kalender af. Om te basaar of nie te basaar nie, die gees is belangrik en die samesyn was heerlik.