Wednesday 8 June 2016

Basaargedagtes van toeka...

Hierdie muurbehangsels is van Jane se handewerk
in die jare 70! Hierdie droë blomme was daardie
tyd hoog in die mode! In die voorgrond is twee
oompie-kadoompie-vrugtekoeke. 

Met 2016 se basaar op hande, loop 'n mens se gedagtes onwillekeurig na ander basare wat deel van my lewenspad was.

Jare terug was die kerkbasaar een van die hoogtepunte op 'n kerk se kalender. Sommer baie vroeg in die jaar is die eerste vergadering gehou en sameroepers is vir elke tafel aangewys... sommige tafels het selfs twee sameroepers gehad. Daarna is daar in alle erns met die reëlings van die basaar begin.

Diakens en ouderlinge het elke maand vir so ses maande, elke maand die basaarlys saamgevat as hulle deur hulle wyke gegaan het. Gebak en handwerk was gewilde items. Sameroepers gaan hierdie basaarlyste met 'n valkoog deur en hulle vergader met skenkers en helpers. Elkeen wil graag in sy hart hê dat sy of haar tafel die beste is of die meeste geld in - natuurlik die vleistafel uitgesluit, want hierdie tafel was al die jare nog die gewildste tafel. 'n Baie belangrike faktor was dat die kerk feitlik niks aangekoop het nie.

Hoe nader die basaar, hoe meer die basaarpraatjies. Idees en wenke van ... (lees verder - rol tot onder)