Showing posts with label Paulus. Show all posts
Showing posts with label Paulus. Show all posts

Thursday, 18 June 2026

Dink hieroor: Paulus maak dit duidelik

Wat sal jou antwoord op die volgende vraag wees:
Wie is die middelpunt van jou lewe?
Christus of jyself? 
As jy Christus as middelpunt het, dan wil jy ...
* Hom steeds meer ken. 
* In gemeenskap met Hom lewe en stry.
Om 'n  Christen te wees:
* is om Christus te ken. 
* impliseer dat jy die krag van sy opstanding ken. 
* het jy gemeenskap aan sy lyding.
*  mag jy die opstanding uit die dode verwag.
Filippense 3:1-14.

Monday, 14 April 2025

Gebed: Gebed vir roeping

Vader, ek dank U vir hierdie Paulusgebed: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou.”

Daarom bid ek vir ons gesin se roeping, Here. Ek bid dat ons sal besef hoe U ons gemaak het, en hoeveel hoop daar in u roeping vir ons is. Vader, plaas asseblief u droom in ons hart en gee ons die deursettingsvermoë om dit doelgerig na te streef.

Beskerm ons daarvan dat ons van ons roeping sal afwyk wanneer ander mense allerlei negatiewe dinge sê. Of wanneer moedeloosheid of twyfel of vrees ons oorval. Help ons om op u tyd te wag. Hoor ons as ons U vir die regte rigting vra, en help ons om in vrede op u antwoord te wag.

Amen.

[Bron: HIER]

Wednesday, 21 August 2024

Dink hieroor: Die 10 gebooie wat 'n mens in jou lewe behoort te volg

1) 'n Gebed is nie soos 'n "spaarwiel" wat 'n mens slegs gebruik wanneer jy in die moeilikheid is nie; dit is jou "stuurwiel" wat jou deur jou lewe in die rigting op die regte pad stuur.
 
2) Het jy al gedink hoekom 'n voertuig so 'n groot WINDSKERM het en slegs 'n klein truspieëltjie? Omdat jou VERLEDE nie so belangrik soos jou TOEKOMS is nie. So, kyk vorentoe en beweeg aan.
 
3) Vriendskap is soos 'n BOEK. Dit neem 'n paar sekondes om 'n boek te verbrand, maar dit neem jare om dit te skryf.
 
4) Alle dinge in die lewe is TYDELIK. Wanneer dit goed gaan, geniet dit. Dit gaan nie vir ewig aanhou nie. Wanneer dit sleg gaan, moenie bekommer wees nie, want dit sal ook nie vir ewig aanhou nie.
 
5) Ou vriende is soos GOUD! Nuwe vriende is diamante! Wanneer jy 'n diamant kry, moenie die goud vergeet nie! Diamante word in goud geset.
 
6) Soms wanneer 'n mens hoop verloor, dink jy dat dit die einde is, GOD glimlag dan daar Bo en sê: "Kalmeer, my geliefde kind, dis slegs 'n draai in die pad en nie die einde van die pad nie!"
 
7) Wanneer GOD jou probleme oplos, het jy geloof in sy bekwame vermoë; wanneer GOD nie jou probleme oplos nie het HY vertroue in jou bekwaamheid.
 
8) 'n Blinde vra op 'n dag vir Paulus: "Is daar iets erger as om jou sig te verloor?" Paulus antwoord: "Ja, om jou visie in die lewe te verloor."
 
9) Wanneer jy vir ander bid, luister GOD na jou en seën hulle! Soms wanneer jy veilig en gelukkig is, onthou dat iemand anders vir jou gebid het.
 
10) Bekommernisse neem nie die moeilikhede van môre weg nie; dit neem die vrede van vandag weg.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie gedagtes.]