Showing posts with label Oplossings. Show all posts
Showing posts with label Oplossings. Show all posts

Saturday, 7 February 2026

Kerkgenotjies: Probleemoplossings

In Kimberley is daar nie baie werk nie en mense hou maar voortdurend die media dop vir werk of vir 'n beter werk. 'n Man wat suksesvol om 'n senior pos by 'n klein onderneming aansoek gedoen het, hoor van sy nuwe baas dat sy salaris 'n miljoen rand per jaar sal wees.
"Hoe kan so 'n klein onderneming bekostig om my soveel te betaal?" wil hy weet.
"Dit is jou eerste probleem," antwoord die werkgewer.

oooOOooo

'n Skoolinspekteur het besoek aan 'n skool se godsdiensklas gebring. Hy vra toe vir Jannie wie vir al die skade aan Jerigo se mure verantwoordelik was. Jannie sê hy weet nie. En nie een kind in die klas kon die vraag beantwoord nie. Ook nie die onderwyser nie.
Toe die inspekteur by die skoolhoof kom, vertel hy hom dat niemand weet wie vir die skade verantwoordelik was nie en dat dit sekerlik nie 'n aanvaarbare toestand is nie. Hy is nie tevrede met die gehalte werk nie.
Waarop die hoof antwoord: "Moenie so bekommerd wees nie. Kry net vir my drie kwotasies en ek sal sorg dat die mure herstel word."  

Thursday, 31 July 2025

Dink hieroor: As dinge skeefloop ...

Op die lewensreis saam met die Here moet daar ook nie vir jou so iets soos probleme wees wat jou terneergedruk eenkant laat sit nie. Nee, daar moet net oplossings en nuwe geleenthede wees. Wat soos probleme lyk moet net vir jou die stilhouplek langs die pad wees wat jou kans gee om nuut te beplan en nuwe oplossings te soek. As die “afs” in die lewe jou tref, moet jy soos ʼn fietsryer teen ʼn afdraande wees. Jy moet dan juis spoed opmaak. As dinge skeefloop moet jy herbeplan, kyk wat verkeerd geloop het en dit regmaak, weer probeer, of anders probeer.

Die “ops” in ons lewe is juis daar omdat ons nie by die “afs” bly lê het nie.


[Uittreksel: Jan van der Watt]