Saturday, 5 September 2026

Dutoitspan se Bybelskattejag

Verlede week (30 Aug) is 'n interessante Bybelskattejag 
op die kerkterrein gehou. 
So soek-soek het ons ons Bybelkennis uitgebrei 
en die weggesteekte skatte gekry. 
Ons moes eers sekere teksverse in die Bybel opsoek, 
en na aanleiding van die teks moes ons op die kerkgronde
en om die blok stap om daardie spesifieke items te soek 
wat vooraf weggesteek was. Party wegsteekplekke het van
vernuftige denke gespreek!
So saam met die skattejag is R1700 ingesamel om Bybels mee te koop 
vir kinders wat nie Bybels het nie.

Foto's: Annatjie Enslin