Friday, 18 September 2026

God gee nie 'n ja-nee-antwoord nie

* Mag jy altyd onthou God sê nie vir jou terselftertyd JA en NEE nie.
God se JA vir jou het deur Jesus Christus se kruisdood plaasgevind.
  • JA, God het jou lief.
  • JA, jy is Sy kind.
  • JA, hy het eiendomsreg oor jou geneem.
  • JA, jy is een van Sy kosbaarste besittings.
  • JA, Hy droom die mooiste drome oor jou. 
2 Kor. 1:18,19 - 18. So seker as God getrou is, ons woord aan julle was nie tegelyk “ja” en “nee” nie, 19. want Jesus Christus, die Seun van God, wat ons, dit is ek en Silvanus en Timoteus, aan julle verkondig het, is nie “ja” en “nee” tegelyk nie. Hy is die “ja” van God,

* Mag jy dus versigtig wees met dit wat in jou hart en gedagtes omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
Spr. 4:23 - Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

* Mag jy die Heilige Gees toelaat om jou denke te kom vernuwe en jou gedrag en emosies kom genees.
Rom. 12:2 - Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

* Mag jy bly staan op elke belofte vanuit God se Woord en dit hardop oor elke situasie in jou lewe verklaar.
Hand. 26:6 - En nou staan ek tereg omdat ek my hoop gevestig het op die belofte wat God aan ons voorvaders gemaak het.