Showing posts with label Greenpoint. Show all posts
Showing posts with label Greenpoint. Show all posts

Saturday, 8 November 2025

Tell the nation!!

Na die Christ for all Nations Jesus Week laasjaar, het daar 'n Kimberley Prayer Group ontstaan.

Tydens een van hulle plasings het hulle Greenpoint as tema opgesit. Ek het by die plasing aangesluit en vertel hoe ek al baie lank bid vir 'n tent-evangelisasiegeleentheid in Greenpoint.

Iemand anders, Hannelize Neethling, wat ook laasjaar se Firecamp opleiding van Christ for all Nations bygewoon het, skakel my toe en sê dat sy deel van Tell the Nations is en sy ken 'n evangelis hier in Kimberley wat 'n tent en die volle uitrusting vir so 'n tent-uitreik het.

Ons vergader toe: André Smith, die evangelis, Hannelize en ek. Ons beplan toe die geleentheid vir die week van 24 tot 28 November 2025.

Opsluit skakel ek toe die AGS-pastoor in Greenpoint, pastoor Kammies, met sy sinkgeboukerkie, en betrek hom by die nasorg van bekeerlinge uit die tentbediening.

Verlede Saterdag trek ons span toe bymekaar om die woongebied bewus te maak van die crusade ...

Hierdie pamflet word deur die hele gebied versprei.

Paul en Hannelize het vir ons 'n 1000 pamflette laat druk as 'n skenking.

Paul het gereël vir skenkings om die terrein voor te berei vir die tent wat 400 mense kan huisves. NG Dutoitspan, Tell the Nations, die Presbiteriaanse Kerk en AGS Greenpoint het hande gevat in hierdie geloofsprojek.
Die span wat die eerste uitreiktreë gegee het!

Die terugvoer na hierdie uitreik, het almal getuig van 'n groot nood onder die inwoners en 'n honger na verandering.

Vandag was ons weer daar om advertensiepamflette en traktaatjies uit te deel van huis tot huis en dringende behoeftes te bedien.

Mense het Jesus aangeneem, genesing en bevryding beleef en van 'n algemene honger na herstel en herlewing getuig.
Vandag se span!

Dries Delport, evangelis van Boshof, het vir ons 'n groot skenking van Johannes Evangelie-traktate geskenk wat ons onder die inwoners uitdeel. Ook in hierdie behoefte het ons Hemelse Vader voorsiening gemaak.

Weer het ons 'n honger van herstel en algemene dankbaarheid onder die mense beleef.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na die geleentheid en glo dat baie baie mense gered en verlos gaan word van verslawing aan drank en dwelms.

Ons bid en glo dat God oorwinning en herstel gaan bring vir die woongebied!

"Watch this space!"

[Dankie, Coen Visser, vir hierdie kosbare inligting en foto's. Hou asb. ons lesers op hoogte van die vordering. Mag hierdie genadeprojek uit sy nate bars.]

Tuesday, 11 March 2025

Die Getuienis Diensgroep in aksie

Die Getuienis Diensgroep het laat in verlede jaar begin om Sondae-oggende na kerk uit te gaan strate toe om mense te bereik met die evangelie.

Kort daarna het die Firecamp-weekopleiding plaasgevind wat deur ds. Ensie en Coen meegemaak is. Dit was 'n volle week van intensiewe evangelisasie as voorbereiding vir die Jesus-week daarna, wat deur Christ for All Nations aangebied is. Na die Jesus-week is daar voortgegaan met straatwerk. Die Here is vir ons goed. Een spesifieke dag was daar 6 oorgawes.

Mense kry swaar en is honger vir 'n boodskap van hoop. Mettertyd het lede van ander kerkgroepe ook begin aansluit. Verlede Sondag het ons 'n kleutergroepie in Greenpoint besoek. Die diensgroep is opgewonde ... die potensiaal is só groot ...

Ons bid dat die Here arbeiders vir sy oes sal stuur ...

“Hy sê toe vir sy dissipels: 'Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes'” (Matt 9:36-37).

Straatuitreik
Straatwerk
Eerste kleuterklassie in Greenpoint

Foto's: Coen Visser