Showing posts with label Kimberley. Show all posts
Showing posts with label Kimberley. Show all posts

Friday, 25 July 2025

Gebed: Vir mense wat werk soek


Poste in Kimberley 
Follow this link to join my WhatsApp Group:

https://chat.whatsapp.com/GEx6bRLKXutEVBIWbpDxaX


Dankie, Jesus!!!!
Vir elkeen wat reeds of onlangs werk gekry het. 
Ons bid saam vir elkeen wat nog werk soek.
Ps. 39:8
"Is daar nog hoop vir my Here? U is my enigste hoop."

Here, baie dankie dat U van elke mens wat werk soek, se huidige situasie bewus is. Help elkeen om ten spyte van hul omstandighede positief te bly - selfs al neem die soektog soms langer as waarvoor hulle gehoop het. Lei hulle na die regte besigheid of maatskappy en rus hulle toe met wysheid, selfvertroue en moed wanneer hulle vir 'n werksonderhoud moet gaan. Mag U elke dag geloof en geprys word en mag U volkome wil met elkeen wees wat vandag uitgaan om werk te gaan soek. Ons bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Saturday, 11 January 2025

Kerkgenotjies: Algemeen

Een van die gemeentelede ry hopeloos te vinnig. Die verkeerskonstabel keer haar voor en vra om haar lisensie te sien.

Vrou aan die konstabel: "Ek wens julle klomp wil besluit wat julle wil hê - gister het julle my lisensie van my weggeneem en vandag wil julle daarna kyk!"

ooOOoo

Van der Merwe lees in die Noordkaap Bulletin dat 98% van alle ongelukke binne 'n radius van 20 km van 'n mens se huis gebeur - toe trek hy na 'n nuwe huis 25 km verder.

ooOOoo

Toeris aan 'n Noord-Kapenaar: "Hoe sou jy die reën in dié deel van die land beskryf?"
Inwoner: "Klein bietjies water wat uit die lug uitval."