Showing posts with label My top 3-lesse. Show all posts
Showing posts with label My top 3-lesse. Show all posts

Thursday, 27 December 2018

My top 3-lesse...

Johnny Hamman en Marius Uys van Slippery Spoon Kitchen en Studio sê:
*   Om mekaar en mense nooit as vanselfsprekend te aanvaar nie - geduld en empatie is ons leuse.
*   Behou geesdrif, al is jy gedaan. Dink terug aan hoe ver die projek al gevorder het.
*   Moet nooit met tweede beste tevrede wees nie. Neem gereeld "ek-tyd" om te herlaai.
(Sarie Julie 2017)

Thursday, 20 December 2018

My top 3-lesse...

Lisa Carinus en Gitte Muller van FOUND.Collection sê:
* Maak nie saak hoe klein 'n saak is nie, bid daaroor. Moet nooit kortpaaie kies nie.
* Daar is altyd ruimte vir verbetering. Hou jul gedeelte visie in gedagte.
*  Moenie wag tot jy stokoud is voor jy jou drome waar maak nie... maar tydsberekening is belangrik!
    (Sarie Julie 2017)

Thursday, 13 December 2018

My top 3-lesse...

Ilze Saunders - mej. Aarde Suid-Afrika 2015 sê:
*  Moenie ander volg nie, begin self dinge verander wanneer dit jou pla.
*  Glo in jouself, anders sal niemand anders nie.
*  Wees oopkop. Daar is soveel verskillende maniere waarop jy dinge kan aanpak. Onthou dat 5 + 4 gelyk is aan 9, maar so ook 3 + 6 ...

(Sarie Februarie 2015)

Thursday, 6 December 2018

My top 3-lesse...

Karen Smit - adjunk-voorsitter van OKOSA se konsultant-forum vir gestremdes sê:
*   My toekennings kom nie naby die wonder van ma-wees of liefde van my man nie.
*   Moet niks as vanselfsprekend aanvaar nie, enigiets kan in 'n oogwink verander.
*   Wees doelbewus dankbaar vir elke dag wat jy opstaan en asemhaal.

     (Sarie Februarie 2015)

Thursday, 29 November 2018

My top 3-lesse...

Catherine Constantinides - Mej. Aarde SA 2003 sê:
*   Jy kan alles kry wat jy wil hê, maar nie op dieselfde tyd nie. Dissipline en struktuur is belangrik.  
*   Omring jou met mense wat in jou glo.
*   Moenie bang wees om groot te droom nie - en droom in helder kleure.
     (Sarie Februarie 2015)

Thursday, 22 November 2018

My top 3-lesse

Emily Gray - deelnemer aan die Paralimpiese Spele in Beijing en in London sê:
*   Daag jouself elke dag uit. Wanneer jy moet en teleurgesteld is, moet jy jouself uit jou gemaksone druk.
*   Jy kán enigiets doen. Selfvertroue groei as jy jouself toelaat om nuwe uitdagings te aanvaar ten spyte van      mense wat jou oortuig dat jy dit nie gaan regkry nie.
*   Die Paralimpiese en Olimpiese swemmer Natalie du Toit, 'n groot mentor glo: "Leef elke dag asof dit jou      laaste is. Eendag sal dit wél so wees."

     (Sarie Maart 2015)

Thursday, 15 November 2018

My top 3-lesse...

Phillippa Hutton-Squire - internasionale seiljagvaarder sê:
*   Om suksesvol te seil werk soos skaak. Ek kry daagliks inligting per rekenaar oor "die vyand" se posisie. Dan probeer ek hul "skuiwe" raai en uitoorlê.
*   My pa se vertellings oor die Franse seiljagvaarder Isabelle Autissier het my laat glo alle drome is moontlik.           
*   In dié werk moet jy selfgemotiveerd wees en probleme kalm kan uitpluis. (Sarie Maart 2015)

Thursday, 8 November 2018

My top 3-lesse...

Verna van Schaik - wêreldrekordhouer van grotduik in Boesmansgat naby Daniëlskuil sê:
*   Diep onder die water was dit my verantwoordelikheid om besluite te neem wat lewe
     en dood kon beïnvloed. Dit was bemagtigend.
*   Wees altyd voorbereid op gevaarsituasies. Moet nooit dink iets kan nie met jou gebeur nie.
*   Omarm vrees! Dit motiveer jou.

     (Sarie Maart 2015)