Showing posts with label Sopprojek. Show all posts
Showing posts with label Sopprojek. Show all posts

Monday, 12 January 2026

Projekte: Diensprojekte en toerustingsprojekte

Voorstelle van die vrouelidmate uit die NK - aktiwiteite buite gemeenteverband:
* Sopkombuise
* Broodjies by bloedskenkaksies
* Hulp by huise vir bejaardes of gestremdes
* Hulp by dienssentrums
* Breiprojekte vir mense in nood in jou onmiddellike omgewing of vir seemanne of vir vigswesies
* Bydraes vir of betrokkenheid by kinderhuise
* Huisvesting en/of onthaal van fietstoere (Trap vir Bybelverspreiding)
* Vervoer vir senior burgers na dokter/hospitaal/fisioterapeut/winkel toe
* Bybelstudie by instansies buite gemeentegrense

Temas vir byeenkomste (gereël vir vroue deur omgeevroue)
* Kommunikasie en konflikhantering
* Koffie saam met die Koning
* Goddelike verhoudings
* Jy is spesiaal
* Vyf tale van die Liefde
* Soveel om voor dankbaar te wees

[Die Pienk boekie, Nuusbriefnr. 93 - Maart 2011]

Saturday, 3 October 2020

Dankie, Voortrekkers vir 200 liefdesbottels

Klik HIER om die video te sien.
Dankie, aan al die Jakkalse wat so hard gewerk het om 'n verskil tydens grendeltyd te maak. Om 1030 bottels so netjies en presies te maak, vra tyd. Dankie dat Dutoitspan ook op julle lys van omgee-projekte is. Ons waardeer dit. Seën vorentoe.








Spanwerk is altyd belangrik en maak werk ligter.

Klik HIER om na die video te kyk.
Elkeen se bydrae is belangrik.