Showing posts with label Resep. Show all posts
Showing posts with label Resep. Show all posts

Friday, 3 April 2026

Resep: Paasbolletjies

Bestanddele
450 g witbroodmeel
5 ml all spice (gemengde speserye)
2 ml sout
120 g gemengde droëvrugte (rosyntjies, sultanas, korente en sitrusskil)
50 g (60 ml) suiker
7 g droë gis
55 ml gesmelte botter of margarien
215 ml louwarm melk
1 eier, geklop

Versiersel (kruisie)
60 ml witbroodmeel
15 ml suiker
15 ml melk
1 groot eier

Metode 
* Meng alle droë bestanddele, behalwe die droë vrugte.
* Meng alle nat bestanddele en meng in die meelmengsel in.
* Knie tot sagte deeg (voeg melk by as dit te styf is).
* Knie goed vir omtrent 10 min. tot lekker elasties.
* Maak toe en laat rys tot dubbel die grootte.
* Knie die deeg af.
* Knie vrugte in en maak 12 bolletjies.
* Pak bolle langs mekaar op  bakplaat en laat weer rys.
* Maak die versiersel aan tot gladde pasta. Skep dit in 'n versiersak of plastieksak waarvan 'n klein hoekie afgesny is. Spuit kruise oor bolletjies.
* Bak by 350°C vir 15-20 minute.
* Verf 'n bietjie suikerwater or die bolletjie as dit uit die oond kom.

Variasie
Laat vrugte en all spice uit en voeg sjokoladesplinters by en vanieljegeursel in all spice se plek.

[Die Pienk Boekie, Vrouelidmate - NG Kerk in Noordkaap, Maart 2011 Nuusbriefnr. 93]

Tuesday, 10 June 2025

Vertrou op Hom

Wat is die eerste beeld wat by jou opkom as jy aan gebraaide hoender dink? Vir die meeste mense is dit 'n foto van 'n bejaarde, bebrilde heer, in 'n wit pak en swart strikdas.

Kolonel Harland Sanders, is 'n man wie se lewe so kleurryk is soos sy bekende resep van 11 kruie en speserye. Hoe het Kolonel Sanders 'n ryk gebou wat vandag nog die wêreld van kitskos regeer?

Die geboorte van KFC het sy wortels in 'n Shell-vulstasie in Corbin, Kentucky, wat Kolonel Sanders in die vroeë 1930's geopen het. Depressie en WO11 was maar van die terugslae waarmee hierdie man moes rekening hou. Sanders was vyf jaar oud toe sy pa oorlede is en hy noodgedwonge moes leer kook om vir sy broers en susters te sorg. 'n Vaardigheid wat 'n passie geword het. As 12-jarige verlaat hy die skool om voltyds as plaasarbeider te werk. 

Hierdie moeilike begin in die lewe, het Sanders se karakter gevorm en hom voorberei om die stigter van KFC te word.

Die KFC-pad het baie hobbels en slaggate gehad en op die ouderdom van 66 het 'n byna bankrot Sanders deur die land gereis op soek na restaurante wat bereid was om sy resep te franchise. Hy het nie moed opgegee nie. Nee! Hy het van dorpie na dorpie en later van land tot land gereis om sy resep vir Kentucky fried chicken te verkoop. ʼn Paar jaar later was KFC die grootste kitskoswinkel in die wêreld. Hy het God vertrou en opgestaan en sy resepte gaan verkoop! 

Sanders verskyn in talle advertensies vir KFC, wat die gesig van die handelsmerk word. Hy het tyd en hulpbronne aan liefdadigheidsorganisasies wat kerke, hospitale, Boy Scouts en die Heilsleër ondersteun, gewy. In 'n merkwaardige gebaar van vrygewigheid het hy 78 buitelandse weeskinders aangeneem.

[Gaan lees gerus van sy moeilike kinderlewe, gebrek aan skoolopvoeding, verskillende soorte werke wat hy moes doen om den brode, maar ook hoe hy geglo het aan sy resep en nie geskroom het om klein treetjies te gee om sy droom te verwesenlik nie.] 

God verkies om dinge saam met ons te doen. As ons so saam met God die pad stap, gebeur daar dinge wat ons nie gedink het moontlik is nie. Omdat Hy dáár is, kán ons. Hy gee ons die moed om op te staan en te doen wat ons nie gedink het ons kan nie. Die feit dat ons op Hom kan vertrou, inspireer ons om ons vleuels wyer te sprei as wat ons alleen sou waag om te doen.

Onthou, omdat God dáár is, kán jy! Maak net seker dat waar jy wil gaan, God sal wil saamgaan.

[Verwerk]

Saturday, 19 October 2024

Kerkgenotjies: 'n NOOIT-OOIT-resep

Hier is nou 'n resep wat NOOIT OOIT probeer moet word nie - NOOIT NIE.

Dis warm en ek was lus vir Coke, maar Pick 'n Pay se Coke is nie koud nie, so ek sit dit in die vrieskas vir vinnige resultate, maar vergeet ongelukkig daarvan.

Toe ek dit uithaal is dit kliphard gevries, geen probleem nie! Ek sit dit in die mikrogolf vir 'n paar minute, maar op DEFROST!

Ek het NIE MY LEESBRIL OP NIE, SO AL DIE TYD HET EK DIT OP FULL POWER GESIT.

Ek het nog nie die sitkamer gehaal nie, toe smaak dit my ek is vasgevang in 'n oorlog waar 1000 gewere gelyk skiet. Daai oorverdowende slag laat my die gang kies, en toe ek besef dit moet die Coke wees, maak ek 'n U-draai soos n wafferse oorgewig ballerina en storm die kombuis binne ...

Als is vol Coke! Die mikrogolfoond se deur is morsaf en die helfte van die plastiekbottel sit teen die dak vasgeplak. My plakkies plak soos gom op die taai vloer en vir 'n vlietende oomblik dog ek wie de hel was in my kombuis ...

Toe ek mooi kyk, sien ek my hond sit op die bure se gras en staar senuweeagtig na die huis, wonder hoe het hy so gou daar gekom, maar die kat is skoonveld. 

Ek het my les geleer! Nooit weer nie. Ek maak nog steeds skoon.

Selfs my Coke-lus is weg!

Saturday, 3 August 2024

Vrugteslaai: Warm vrugteslaai met brandewynstroop

Bestanddele:

Vrugte
2 Golden Delicious-appels in blokkies gesny
2 e druiwepitolie
4 vars perskes of pruime in blokkies gesny
200 g gedroogte sagte vye
Stroop
2 k appelsap
3/4 k brandewyn
2 kaneelstokkies
1 knippie sout
1/4 suurlemoen se sap

Metode:
Vir die vrugteslaai:
1. Verhit olie in pan en braai vrugte totdat dit begin verbruin.
(keer vrugte om i.p.v. roer)
2. Skep in poedingbakkies.

Metode:
Vir die brandewynstroop:
1. Verhit bestanddele in pan.
2. Laat prut totdat vloeistof halveer het.
3. Geur met knippie sout.
4. Skep bo-oor gebraaide vrugte

Wenk:
'n Skyfie of twee kaas kan saam met gebraaide vrugteslaai bedien word.

[Dankie, Anoniem]

Saturday, 27 July 2024

Slaairesep: Herfskleurige tropiese vrugteslaai

Bestanddele:
1 patat
1 papaja
2 piesangs
Sap van 1 suurlemoen
5 mℓ fyngemaalde kaneel

Metode:
1. Kook patat gaar en sny in blokkies.
2. Sny papaja in blokkies.
3. Sny piesangs in blokkies
4. Meng al die bestanddele saam en bedien.

Saturday, 20 July 2024

Slaairesep: Vrugteslaai met 'n soet verskil

Bestanddele:

2 x 150 g klein malvalekkers of gewone malvalekkers in stukkies gesnipper.
1 blik mandarynstukke (indien beskikbaar)
1 blikkie fyn pynappel ("crushed pineapple")
175 ml grenadellajogurt (aarbeijogurt indien soeter verkies)

Metode:
1. Sny malvalekkers kleiner. 
2. Meng al die bestanddele saam.
3. Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.

Wenk:
Hierdie slaai kan ook vir poeding gebruik word.

Saturday, 15 June 2024

Sopresep vir die naweek: Goue vrugtesop

Benodigdhede:

1 klein rooirissie, saadjies verwyder 
250 g gedroogde perskes
150 g gedroogde appelkose
30 ml bruinsuiker
500 ml water
500 ml halfsoetwyn
1,2 ml fyn neutmuskaat
2,5 ml fyn gemmer
30 ml suurlemoensap
250 ml skinkroom
grof gemaalde swartpeper

Metode:
Kap rooirissie fyn.
Plaas al die bestanddel (behalwe room en peper) saam in 'n kastrol.
Laat prut teen 'n lae hitte vir ongeveer 40 minute.
Verwyder van hitte en laat afkoel.
Voeg 125 ml skinkroom by en puree dit in die voedselverwerker.
Skep in individuele bakkies en garneer met die res van die room.
Geur met swartpeper.

Wenk:
Hierdie sop kan warm of teen kamertemperatuur bedien word.
Bedien saam met 'n verskeidenheid brode,

Nataniël se kommentaar:
* Dis 'n eenvoudige dis met eksotiese ondertone.
* Die speling tussen soet en sout en die kontras tussen die romerigheid en die tikkie brand maak van hierdie sop 'n opwindende affêre.
* Sop wat nie 'n debat aan die gang kry nie, bly 'n treurige storie.

[Geleen: Sarie in samewerking met Clover, Nataniël kook vir vriende, September 2004, bl. 4]

Saturday, 8 June 2024

Slaairesep: Vinnige Saterdagmiddagslaai vir enkelinge



Na vele navrae is daar besluit om hierdie baie gewilde slaairesep weer te plaas. Deel van die gewildheid word toegeskryf aan die minimum tyd wat dit verg om hierdie slaai te maak. Geniet dit en moenie suinig wees met die deel van dié resep nie.

Wenk:
Vir 'n bietjie groenerigheid op die bord, kan die KitKat vervang word met Peppermint Crisp wat in klein blokkies gebreek kan word.

Saturday, 1 June 2024

Slaairesep: Gebakte vrugteslaai

Benodigdhede:
2 kwepers, geskil
2 pere, geskil
3 appels, geskil
½ koppie (125 ml) bruinsuiker
2 koppies (500 ml) appelsap
skil van 1 lemoen
skil van 1 suurlemoen
3 kaneelstokkies
3 naeltjies
1 lemoen in segmente verdeel

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny die kwepers, pere en appels middeldeur en verwyder die pitte.
Sny die vrugte in kwarte en plaas in ‘n mengbak saam met die res van die bestanddele, behalwe die lemoensegmente, en meng alles saam.
Plaas op ‘n bakplaat en bak vir 50-60 minute.
Verhit die roosterelement tot baie warm en laat die vrugte vir ± 5 minute rooster tot die kante goudbruin verkleur.
Verwyder uit die oond en roer die lemoensegmente by.
Bedien saam met melkkos of ongegeurde joghurt.

[Dankie, Estelle, vir die deel van hierdie vrugteslaai met 'n warm verskil.]

Saturday, 25 May 2024

Slaairesep: Koringslaai om te bottel

Benodigdhede:
500 ml rou stampkoring
sout en varsgemaalde swartpeper
2 groen soetrissies, ontpit en gekap (jy kan rooi en geel bysit vir kleur)
1 groot ui, fyn gekap
4 ryp tamaties, in klein blokkies gesny
150 ml sultanas (opsioneel)
1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny (opsioneel)

Slaaisous:
90 ml suiker
60 ml korrelmosterd
15 ml matige kerriepoeier
125 ml wit asyn
500 ml mayonnaise

Kook koring in 6 koppies water vir 30-40 minute tot sag.
Dreineer deeglik, spoel met koue water af, sit die knippie sout by en roer goed deur.
Laat afkoel.

Braai ui, tamaties, soetrissies en pynappel liggies.
Voeg koring en sultanas by.
Voeg al die bestanddele vir die sous by en geur na smaak.
Voeg die koringmengsel by die sous en kook net tot deurwarm.
Bottel warm en verseël dadelik.
​Draai bottels op hulle proppe tot koud om goed vas te suig.

Wenk:
Vervang die koring met bruin lensies vir 'n heerlike variasie op die tema.

[Dankie, Estelle, vir die instuur van die resep]

Saturday, 18 May 2024

Slaairesep: Beetslaai met 'n verskil vir die winter

Benodigdhede:

2 tot 3 gaar bete in blokkies gesny
1 tot 2 lemoene - in segmente gesny
1/4 ui - fyn gesny
1 wiel fetakaas (gekrummel)
1/4 koppie neute - gerooster (opsioneel)
Gemengde slaaiblare

Sous:
1/4 koppie vars lemoensap
1/4 koppie olyfolie
2 teelepels heuning
2 teelepels asyn
1 teelepel lemoenskil - gerasper
Sout en peper na smaak
Knoffelvlokkies (opsioneel) 

Metode:
1. Pak 'n bed van blaarslaai
2. Meng res van die bestanddele en pak op blaarslaai
3. Gooi sous oor

Wenk:
Maak sous al die vorige aand aan, sodat die bestanddele solank met mekaar kan kuier.

Saturday, 11 May 2024

Slaairesep: Maklike vrugteslaai vir Moedersdag

Bestanddele:

2 geskilde lemoene
2 geskilde naartjies
1 geskilde pomelo
2 appels (ontpit)
1-2 ferm, ryp pere (ontpit)
1-2 geskilde piesangs
1 klein geskilde papaja (ontpit)
1 geskilde pynappel
2 koejawels (opsioneel)
1 x blikkie grenadellapulp of 2 vars grenadellas
10 – 12 vars kruisementblare (grof geskeur)

Metode:
1. Verdeel al die sitrusvrugte in segmente. Gooi al die vloeistof van die sitrusvrugte oor die gesnyde appels, pere en piesangs om te verhoed dat dit verkleur. 
2. Sny die ander vrugte in ewe groot blokkies.
3. Meng die vrugte kort voor dit gebruik gaan word en meng liggies deur. 
4. Voeg die kruisement by.  

Wenke:
1. Voeg sade of neute na smaak by vir afwisseling.
2. Gebruik vrugte in die winter teen kamertemperatuur. Dit bring die smaak lekker na vore.

Saturday, 4 May 2024

Slaairesep: Estelle se vrugteslaai

Benodigdhede:
4 piesangs
2 kiwivrugte
2 koejawels
2 nektariens/geelperskes
1 pynappel, in blokkies gesny (verwyder stronk)
1 tros druiwe, in helftes gesny en pitte verwyder
8-10 aarbeie, in skyfies gesny
2 eetlepels suiker/heuning
sap van 1 lemoen
sap van 1 klein suurlemoen (opsioneel)

Metode:
1. Sny alle vrugte in blokkies.
2. Meng vrugte en versier met kruisementblare.

Wenke:
Om te verhoed dat jou piesang verkleur in die slaai, gooi suurlemoensap oor gesnyde piesangskyfies, of sit die hele piesang met skil en al in kookwater vir 1 minuut, haal uit, laat afkoel, en skil dan, of sny die piesang in skyfies en spoel af in yskoue water voor jy dit in die slaai sit.  

Saturday, 27 April 2024

Slaairesep: Vrugteslaaisous

Bestanddele:
(vars seisonale vrugte vir vrugteslaai)
180 ml vars room
50 ml suurlemoensap
180 ml ongegeurde jogurt
25 ml suiker/heuning

Metode:
Meng alles saam en gooi dit oor die opgesnyde vrugte

Saturday, 20 April 2024

Slaairesep: Maklike vrugteslaai

Benodigdhede:
2 ryp pere 
1 soet lemoen
1 klein suurlemoen
1 ryp piesang
1 ryp granaat (pitte)
250 g rooi druiwe -
3 kiwivrugte
1 rooi appel
1 perske (opsioneel)
heuning (opsioneel)

Metode:
1. Was al die vrugte deeglik in soutwater af.
2. Verdeel lemoen in skyfies (sny kleiner indien verkies).
3. Sny pere, piesang en appel in blokkies.
4. Gooi suurlemoensap oor om te verhoed dat dit verkleur.
5. Sny geskilde kiwi (en perske) in blokkies.
6. Meng vrugte en gooi heuning oor.

Saturday, 13 April 2024

Slaairesep: Aartappels met kondensmelk

Benodigdhede:
11 groot aartappels
1 fyngekapte ui
1 blik kondensmelk
4 hardgekookte eiers (gerasper)
1 t sout
mayonnaise

Metode:
Kook aartappels vir ongeveer 20 minute.
Sny in blokkies.
Kook eiers vir ongeveer 10 minute.
Rasper eier en voeg by aartappels in bak.
Voeg die res van die bestanddele by en meng.

Saturday, 6 April 2024

Slaairesep: Gedroogde vrugte

Benodigdhede:
250 g droë gemengde vrugte
knippie suiker
3 ryp piesangs
1 blik kondensmelk
kwart koppie olie
halwe koppie asyn
2 t droë mosterdpoeier
knippie sout
2-4 e mayonaise

Metode:
Kook 1 pakkie 250 gr droë vrugte sag - nie pap nie - met bietjie suiker en water.
Gooi stroop af.
Sny 3 ryp piesangs by. 
Sous:
Klits saam vir sous:
*1 blik kondensmelk 
* kwart k olie 
* halwe k asyn
* 2 t droë mosterdpoeier en knippie sout,
* 2-4 e mayonaise, na smaak van hoe suur jy dit wil hê.
 Skep sous oor vrugte. 

Wenk:
Skep in mooi slaaibak en plaas in yskas voor gebruik.

Saturday, 30 March 2024

Slaairesep: Perskeslaai alias Tannie Mara

Benodigdhede:
 
1 groot blik gesnipperde perskes
1 soetrissie (groen of rooi)
Driekwart koppie korente/rosyntjies
6 groot uie (kan minder gebruik na smaak)  
1 koppie suiker
Driekwart koppie wit asyn
2 t kerriepoeier
1 t borrie
sout na smaak

Metode:
Gooi stroop van blik perskes af.
Snipper uie en kook in asyn en stroop van perskes tot sag.
Voeg gesnipperde soetrissie, kruie en suiker by en kook goed deur.
Roer perskestukke by en kook vir ongeveer 2 minute.
Indien mengsel te waterig is, verdik met maizena.

Wenk:
Heerlike bykos saam met braaivleis
Slaai kan voor die tyd gemaak word - geure trou met mekaar

Saturday, 23 March 2024

Slaairesep: Lietsjieslaai

Benodigdhede:
1 groot blik pere (of 2 kleiner blikke)
1 groot blik pynappelblokkies (of 2 kleiner blikke)
1 groot blik lietsjies - heel (of 2 kleiner blikke)

Metode:
Dreineer die vrugte en behou 'n kwart koppie (62 ml) van die lietsjiesap.
Sny die halwe pere in kwarte
Behou lietsjies heel of halveer.
Plaas ingelegde vrugte in slaaibak en gooi die sous oor - meng liggies en versier met takkie kruisement.

Sous:
Bestanddele:
1 blikkie kondensmelk
2 t mostertpoeier
100 ml Ultramel-room
62 ml lietsjiesap
62 ml suurlemoensap
1 klein houer mayonnaise (250 g)

Metode:
Meng al die sousbestanddele baie goed en gooi oor vrugte

Wenk:
Heerlik saam met braaivleis.
Kan tot een week in die yskas hou - geure vermeng lekkerder hoe later.

Saturday, 16 March 2024

Slaairesep: Warm vrugteslaai

Benodigdhede:
 
125 g ontpitte pruimedante
75 g droë appelringe
125 g droë appelkose
250 ml water
2 heel kaneelstokkies
2 piesangs
1 blik ingemaakte lietjies (ontpit)
1 klein pynappel
sap van 1 suurlemoen
sap van 1 lemoen
2 ml fyn neutmuskaat

Metode:
Stowe droëvrugte en kaneelstokkies in water tot sag.
Voeg suurlemoen- en lemoensap by.
Voeg geskilde piesangs- en pynappel in blokkies gesny by.
Voeg lietjies saam met sap by.
Verhit tot kokend warm en voeg neutmuskaat by.

Wenk:
Bedien verkieslik warm.
Genoeg vir 6-8 porsies.

[Resep van die droëvrugteraad]