Friday, 3 April 2026

Resep: Paasbolletjies

Bestanddele
450 g witbroodmeel
5 ml all spice (gemengde speserye)
2 ml sout
120 g gemengde droëvrugte (rosyntjies, sultanas, korente en sitrusskil)
50 g (60 ml) suiker
7 g droë gis
55 ml gesmelte botter of margarien
215 ml louwarm melk
1 eier, geklop

Versiersel (kruisie)
60 ml witbroodmeel
15 ml suiker
15 ml melk
1 groot eier

Metode 
* Meng alle droë bestanddele, behalwe die droë vrugte.
* Meng alle nat bestanddele en meng in die meelmengsel in.
* Knie tot sagte deeg (voeg melk by as dit te styf is).
* Knie goed vir omtrent 10 min. tot lekker elasties.
* Maak toe en laat rys tot dubbel die grootte.
* Knie die deeg af.
* Knie vrugte in en maak 12 bolletjies.
* Pak bolle langs mekaar op  bakplaat en laat weer rys.
* Maak die versiersel aan tot gladde pasta. Skep dit in 'n versiersak of plastieksak waarvan 'n klein hoekie afgesny is. Spuit kruise oor bolletjies.
* Bak by 350°C vir 15-20 minute.
* Verf 'n bietjie suikerwater or die bolletjie as dit uit die oond kom.

Variasie
Laat vrugte en all spice uit en voeg sjokoladesplinters by en vanieljegeursel in all spice se plek.

[Die Pienk Boekie, Vrouelidmate - NG Kerk in Noordkaap, Maart 2011 Nuusbriefnr. 93]