Dit is verbasend hoeveel moeite God gedoen het om 'n volmaakte tuiste vir die mens te berei. Die berge, die dale en riviere, die diere, die visse en die voëls, die plante, bome en die blommeprag - alles het God terwille van die mens geskape. Daarom moet ons dit opreg waardeer en ten beste benut in plaas van dit te misbruik.
