Friday, 24 April 2026

Gedagte uit 'n koevert: Haar kroon aan Sy voete

Een van die kapelane van wyle koningin Victoria het by geleentheid oor die wederkoms van Christus gepreek. Na die diens het die koningin teenoor die kapelaan opgemerk: "O, ek wens die Here kom nog in my leeftyd!"
"Waarom dan?" wou die kapelaan weet.
Die koningin was merkbaar aangedaan. "Ek sou so graag my kroon aan Sy voete lê."