Showing posts with label Fondsinsameling. Show all posts
Showing posts with label Fondsinsameling. Show all posts

Thursday, 28 May 2026

Het jy al jou GROEN strikkie gekoop?

Nasionale Kinderbeskermingsweek word vanjaar vanaf 28 Mei tot 5 Junie 2026 gevier. 

Die doel is om die bewusmaking vir kinderbeskerming te kweek, sodat geweld teen, en uitbuiting van kinders voorkom en aangespreek kan word.

Vanjaar se nasionale veldtog se tema is: 

"Werk saam om geweld teen kinders te beëindig."

Hierdie is so 'n belangrike saak en elkeen van ons moet die dag van môre se belange op die hart dra. 

Koop 'n groen strikkie en dra dit vir hierdie week by die werk of sommer net dorp toe en as iemand jou uitvra oor die groen strikkie, is dit die ideale geleentheid om oor kindermishandeling, boelie en beskerming te praat.   

Kontaknommer
om van die strikkies te bekom:

053 831 2413

Moenie uitstel nie, kry sommer NOU jou groen strikkie!

Sunday, 24 May 2026

Elke kind verdien dit om veilig en geliefd te voel

Kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika word van 29 Mei tot 5 Junie 2026 gevier. Dit val onder die breër, maandlange viering van Kinderbeskermingsmaand. 

Die doel is om die bewusmaking vir kinderbeskerming te kweek, sodat geweld teen, en uitbuiting van kinders voorkom en aangespreek kan word. 

Vanjaar se nasionale veldtog se tema is: 

"Werk saam om geweld teen kinders te beëindig."

Hierdie is so 'n belangrike saak en elkeen van ons moet die dag van môre se belange op die hart dra. 

Koop 'n groen strikkie en dra dit vir hierdie week by die werk of sommer net dorp toe en as iemand jou uitvra oor die groen strikkie, is dit die ideale geleentheid om oor kindermishandeling, boelie en beskerming te praat.   

Kontaknommer om van die strikkies te bekom:

053 831 2413

Moenie uitstel nie, kry sommer NOU jou groen strikkie!

Friday, 30 May 2025

'n Kuier-karnaval van kleur en klank oor 'n dag - bring jou vriende saam!!

Moenie Dutoitspan se heerlike kuierkanrnaval mis nie!
Wanneer: 31 Mei 2025
Waar: Dutoitspan Kerkterrein
Tyd: 09:00-14:00

Wednesday, 28 May 2025

'n Kuier-karnaval van kleur en klank oor 3 dae - sien jou daar!!

Moenie Dutoitspan se heerlike kuierkanrnaval mis nie!
Wanneer: 31 Mei 2025
Waar: Dutoitspan Kerkterrein
Tyd: 09:00-14:00

Monday, 26 May 2025

'n Kuier-karnaval van kleur en klank oor 5 dae - sien jou daar!!

Dutoitspan se heerlike kuierkanrnaval is om die draai.
Wanneer: 31 Mei 2025
Waar: Dutoitspan Kerkterrein
Tyd: 09:00-14:00

Sunday, 25 May 2025

Saturday, 24 May 2025

Het jy kaartjies gekoop??

Moenie Piet Smit se sangboodskap vanaand 
mis nie - Saterdag 24 Mei - 18h00 vir 18h30.

'n Eenmalige geleentheid - het jy jou kaartjies al gekoop??

Sondag 08:15 vir 08h30 Nagmaal-erediens word deur Piet Smit aangebied.

Kontak kerkantoor vir enige verdere inligting: 053 842 1100

Friday, 23 May 2025

Sien jou en jou gesin daar!!!

Piet Smit maak met elkeen van julle 'n afspraak, Saterdag, 24 Mei - 18h00 vir 18h30.

Moenie hierdie spesiale geleentheid deur jou vingers laat glip nie. Daar is slegs 'n beperkte aantal kaartjies.

Sondag 08:15 vir 08h30 Nagmaal-erediens word deur Piet Smit aangebied.

Kontak kerkantoor vir enige verdere inligting: 053 842 1100

Sunday, 27 April 2025

Omkring 24 Mei op jou almanak

Piet Smit maak met elkeen van julle 'n afspraak, Saterdag, 24 Mei - 18h00 vir 18h30. 

Moenie hierdie spesiale geleentheid deur jou vingers laat glip nie. Kontak die kerkkantoor vir kaartjies - daar is slegs 'n beperkte aantal kaartjies.

Sondag 08:15 vir 08h30 Nagmaal-erediens word deur Piet Smit aangebied.

Kontak kerkantoor vir enige verdere inligting: 053 842 1100

Sunday, 13 April 2025

Omkring 24 Mei op jou almanak

Piet Smit maak met elkeen van julle 'n afspraak, Saterdag, 24 Mei - 18h00 vir 18h30. Moenie hierdie spesiale geleentheid deur jou vingers laat glip nie. Kontak die kerkkantoor vir kaartjies - daar is slegs 'n beperkte aantal kaartjies.

Sondag 08:15 vir 08h30 Nagmaal-erediens word deur Piet Smit aangebied. 

Kontak kerkantoor vir enige verdere inligting: 053 842 1100

Thursday, 3 April 2025

Platfonteinnuus: Die A-span is 'n wenspan

Ons wil graag vir Rinus Slabbert, sy energieke A-span en Coen Visser bedank vir die uitreik, die uitstekende liefdesdiens wat hulle gedoen het om die Xhun Kerk-vloerprojek te voltooi in 'n rekordtyd. Julle bereidwilligheid, toegeneentheid en goeie samewerking het nie ongesiens verby gegaan nie. Vyf Xhun-manne het hulle sweet saam met die sement in die kerkvloer ingewerk. 

Dankie klink na só 'n klein woordjie vir so 'n groot taak.

[Foto: Coen Visser]

Tuesday, 1 April 2025

'n Handevatprojek word 'n genade-werklikheid

Coen Visser: "Ons het vandag klaargemaak met Xhun Alfa se vloer. Die koste was sowat R72 000. Eer aan die Here wat ons daartoe in staat gestel het en groot dank aan ons boukontrakteur, Rinus Slabbert en die span Xhun-manne wat elke dag hard gewerk het."

Wednesday, 26 March 2025

Handevatprojek - !XUN ALFA-gemeente (vordering)

Die werk aan !XUN ALFA-gemeente se kerkvloer vorder en dit is vir ons aangenaam om te kan sê dat teen gistermiddag 5 blokke van die vloer reeds voltooi is. Dankie aan elkeen wat op welke wyse hierdie handevatprojek moontlik maak.

Foto: Coen Visser

[Klik HIER om na die beginfoto's wat op 11 Maart geplaas is, te kyk.]

Wednesday, 12 March 2025

Handevatprojek: !XUN ALFA-gemeente - 'n suksesverhaal

DANKIE aan elkeen wat op die advertensie gereageer het, asook elke Sondag se afkondiging! Julle het die handevatprojek werklikheid gemaak. 

Tuesday, 11 March 2025

Handevatprojek - !XUN ALFA-gemeente

Hierdie week het die diensgroep begin om !Xhun Alfa Kerk se vloer te herstel.

Met die hulp van donasies uit eie geledere, NG Kerk Harmonie Kimberley en Fichardtpark in Boemfontein, gaan hulle die wa deur die drif kry met die R70 000 wat hulle tot op hede ingesamel het.

Rinus Slabbert en sy kompressor het hierdie projek met 'n knal aan die gang gekry. Ywerige !Xhun-manne doen self die ding!!!

'n GROOT dankie aan elkeen wat eenmalig of maandeliks bygedra het tot hierdie hartsprojek. Dit word opreg waardeer.

Foto's: Coen Visser & Elsa Minne 

Saturday, 17 August 2024

Help asseblief ONS HUIS sodat hulle weer die inwoners kan help

Vanaf  29 Augustus tot Sondag, 1 September 2024 is die pannekoek- en vetkoekstalletjie aan die ACVV en ADASA (Alzheimers) Kimberley, by die jaarlikse Hartsfees te Yonder, toegeken. Dit is dus 4 dae wat die 2 organisasies vir fondsinsameling pannekoek en vetkoek verkoop. 

Sonder u gewaardeerde hulp sal ons dit nie kan doen nie. Ons benodig bestanddele en vra asseblief vir hulp van u of u organisasie/besigheid. Hieronder is 'n lys van wat ons benodig:

* koekmeel - ten minste 20 kg
* suiker - ten minste 20 kg
* pypkaneel
* bakpoeier
* suurdeeg
* sout
* asyn
* olie - ons het redelik baie nodig vir die vetkoek bak
* eiers - hiervan het ons ook heelwat nodig
* maalvleis
* hoenderfilette
* mayonnaise
* blik of 2 "Spray & Cook"
* gevriesde gemengde groente om by die maalvleis te voeg
* verpakking

Ons as bestuur en personeel van die twee organisasies wil u byvoorbaat vir u gewaardeerde bydrae bedank.

Vriendelike groente.
Irma van As en Emsie Malan
(Bestuurders van ACVV Kimberley en ADASA Kimberley)  

Kontak Irma by 053 842 1141 tydens kantoorure
Ons het jou hulp nodig!

Sunday, 4 August 2024

Afkondiging: Raak betrokke - maak 'n verskil by Ons Huis

HANDE BOU BANDE
Ons Huis
 BENODIG JOU HART, HANDE & VOETE vir hulle groot fondsinsamelingspoging by Yonder se Hartsfees. Net 'n uur of twee kan 'n reuse verskil maak. Kontak asb. vir Irma by 053 842 1141 tydens kantoorure - ons wag vir jou oproep! 

Wanneer: 29 Augustus tot 1 September
Waar: Malupark, Hendrik van der Bijlstraat, Kimdustria, Kimberley
Waarom: Omdat jou teenwoordigheid 'n verskil aan hulle maak vir wie fondse ingesamel word.