Sunday, 24 May 2026

Elke kind verdien dit om veilig en geliefd te voel

Kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika word van 29 Mei tot 5 Junie 2026 gevier. Dit val onder die breër, maandlange viering van Kinderbeskermingsmaand. 

Die doel is om die bewusmaking vir kinderbeskerming te kweek, sodat geweld teen, en uitbuiting van kinders voorkom en aangespreek kan word. 

Vanjaar se nasionale veldtog se tema is: 

"Werk saam om geweld teen kinders te beëindig."

Hierdie is so 'n belangrike saak en elkeen van ons moet die dag van môre se belange op die hart dra. 

Koop 'n groen strikkie en dra dit vir hierdie week by die werk of sommer net dorp toe en as iemand jou uitvra oor die groen strikkie, is dit die ideale geleentheid om oor kindermishandeling, boelie en beskerming te praat.   

Kontaknommer om van die strikkies te bekom:

053 831 2413

Moenie uitstel nie, kry sommer NOU jou groen strikkie!