Sunday, 17 May 2026

Mossiestilte: Luk. 22:32

Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is moet jy jou broeders versterk
.

Jesus bid vir jou en gee lewe in oorvloed vir jou vir ewig en Hy hou nie op om vir jou te bid nie.
Jesus tree daagliks vir jou in by die Vader en in sy lankmoedigheid, gee Hy vir jou barmhartigheid, want die Satan het begeer om jou soos koring te sif.
Sy genade is vir jou genoeg.
Jy wat nou sterk is moet vir jou broers bid.

Dankie Vader, vir u grote genade wat ons geloof elke dag versterk. U gee nooit op om my naam te noem in gebed by die Vader nie. U het 'n plan met my lewe, al is ek nou swak en verloën ek U, bly U by my en verlaat U my nooit nie. U sorg dat ek verlos is van die bose. Nou bid ek vir my broers dat hulle ook tot bekering sal kom in Jesus Naam. My geloof hou nie op nie, want U hou nie op om vir my te bid nie. Baie dankie, my Koning Jesus. Amen.