Showing posts with label Kinders. Show all posts
Showing posts with label Kinders. Show all posts
Sunday, 6 September 2026
Sunday, 23 August 2026
Sunday, 21 June 2026
Vadersdag: Dankie, Pa!
My pa het my geleer kruip, maar gesê: "As jy groot is moet jy wérk vir dit wat jy wil hê, en nié kruip nie."
My pa het my geleer dat nie almal in die lewe Liewe Heksie of Liewe Lulu is nie, en dat Blommeland ook kaktusse huisves.
My pa het my geleer om my geld én my woorde te tel.
My pa het my geleer van noord, suid, oos en wes, maar dat ek self die rigting van my lewe moet bepaal.
My pa het my geleer dat die kortste pad na ‘n man se hart deur sy remote control loop, met SuperSport, MNet en DSTV as die hoofdis.
My pa het my geleer dat Bostik enige iets kan fix - van ‘n stukkende ketel tot ‘n stukkende hart.
My pa het my geleer dat grid, grout en great nie noodwendig dieselfde ding is nie.
My pa het my geleer om nie altyd my boetie te blameer as net die helfte van die maan in die lug hang en ek sê hy het dit gebreek nie.
My pa het my geleer dat drome méér is as net prentjies in ‘n mens se kop.
My pa het my geleer daar is altyd drie kante aan ‘n storie: My kant, jou kant en die regte kant.
My pa het my geleer die getrouste en goedkoopste troeteldier is ‘n spaarvarkie.
My pa het my geleer die mooiste vrou in die wêreld is my ma.

[Dankie, Marthie van der Merwe -
Sunday, 31 May 2026
Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek
Ons het weer 50 name vir die Santa Shoeboksprojek gekry.
KOM KRY VROEGTYDIG VIR JOU ‘N NAAM
& MAAK ‘N KINDJIE SE HARTJIE HIERDIE KERSFEES BLY.
OUDERDOMME: TUSSEN 06 MAANDE EN 12 JAAR.
AFSNYDATUM: 30 OKTOBER 2026
Thursday, 28 May 2026
Dink hieroor: Wees 'n betrokke ouer
Om deel van jou kinders se herinneringe van môre te wees,
moet jy vandag in hulle lewens teenwoordig wees!
Sunday, 15 June 2025
Gebed vir Vadersdag
Ons bid vir die pa’s wat daarna streef om die eise van hulle werke, huwelike en kinders te balanseer met ‘n eerlike bewustheid van beide die vreugde en opoffering daarvan.
Ons bid vir die pa’s, wat ten spyte van hulle eie tekort aan ‘n rolmodel, gedurig daaraan werk om ‘n waardige pa te wees vir hul kinders.
Ons bid vir die pa’s wat nie altyd daar kon wees vir hulle kinders nie, maar wat nou ekstra moeite doen om hulle kinders lief te hê en te ondersteun, selfs as volwassenes. Hiermee saam bid ons spesiaal vir pa’s wat deur die woorde en dade van hulle kinders gewond is en dit dikwels diep in hulle binneste wegsteek.
Ons bid vir elke pa wat ten spyte van onenigheid in sy huwelik, in sy kinders se lewens betrokke bly.
Ons bid vir die pa’s van kinders wat aangeneem is, wie se liefde en ondersteuning lei na ‘n vol lewe wat getuig van aanvaarding en behoort.
Ons bid vir dié wat as stiefpa’s die rol van pa moet vervul, en hierdie verantwoordelikheid vrylik kies. Ons is dankbaar vir die wat die titel van “vader” verdien het in hulle stiefkinders se lewens deur liefde en respek. Ons bid ook vir die stiefpa’s wat nog daaraan werk en soms daarmee sukkel.
Ons huil saam met elke pa wat ‘n kind aan die dood afgestaan het en aanhou om oor die kind te rou en die kind in hulle harte saam te dra.
Ons bid ook vir elke man wat geen kinders het nie, maar die volgende generasie koester as hulle eie.
Ons dra elke man in die gemeenskap aan God op wat ons as vader-figuur gelei het as mentor, onderwyser of reisgenoot.
Ons bid vir die mans wat op die drumpel van ouerskap staan, mag hulle vry en met vrymoedigheid hulleself oor hulle kinders verheug.
Ons bid vir die pa’s wat reeds gesterf het, wat in ons herinnering en verlange voortleef, wat aanhou om ‘n invloed op ons lewens te hê.
Ons is diep dankbaar dat U vir ons kom wys het hoe lyk ‘n perfekte Vader wat omhels, troos en liefhet sonder voorwaardes.
Seën elke pa en pa-figuur in ons gemeenskap Heer, waar vaders dikwels afwesig is.
[Gebed deur Kirk Loadman, vertaal deur Tilana Meyer-Morkell]

Friday, 25 April 2025
Mark Batterson: "Your prayer for your children are the greatest legacy you can leave."
Jy sal nooit die perfekte ouer wees nie, maar jy kan 'n biddende ouer wees, selfs al weet jou kinders dit nie.
GEBED
Here, ek bid vir wysheid vir my kinders. Dat U vir hulle die onderskeidingsvermoë sal gee om die kaf van die koring te skei.
Here, ek bid vir wysheid vir my kinders. Dat U vir hulle die onderskeidingsvermoë sal gee om die kaf van die koring te skei.
Ek bid dat my kinders se liefde vir U sal toeneem en dat hulle daagliks in 'n persoonlike verhouding met U sal leef.
Ek bid dat hulle saam met U die storms van die lewe sal aandurf en dat U hulle sal dra deur moeilike tye. Dankie, Heer.
Ek bid dat hulle saam met U die storms van die lewe sal aandurf en dat U hulle sal dra deur moeilike tye. Dankie, Heer.
Amen
"Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie." Spreuke 22:6 NLV
"Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie." Spreuke 22:6 NLV
Saturday, 1 March 2025
Kerkgenotjies: Kinders
* Jare terug het 'n bekkige Kaapse dogtertjie van amper 4 jaar gepraat van antie so-en-so en antie dit-en-dat. Haar ma verduidelik toe vir haar dat wanneer 'n mens Engels praat, is dit aunty en wanneer 'n mens Afrikaans praat, is dit tannie, nie antie nie.
'n Paar dae later raak Roxy siek en die dokter skryf vir haar medisyne voor. Op pad huis toe, kry Roxy se ma gou die medisyne by die apteek. Roxy begin sommer dadelik met die medisyne.
Roxy: Watse medisyne is hierdie?"
Ma: "Dis antibiotika - dit gaan jou sommer gou-gou gesond maak."
Roxy: "Nee. Mamma bedoel seker tannie-biotika."
* Op 'n dag begin 'n skilpadjie boom klim. Hy sukkel verskriklik, maar na 'n paar uur is hy uiteindelik bo.
Hy spring in die lug, sprei sy voetjies ... en doef! beland hy op die grond. Nadat hy beygekom het, begin hy weer die lang tog boontoe. Die pa-duif draai na die ma-duif en sê: Skat, ek dink dis tyd om vir Danie te vertel hy is 'n aangenome kind."
Saturday, 7 December 2024
Afkondiging: Somervakansieklub
Om bg. vakansieklub moontlik te maak, benodig ons asb. hulp vanuit die gemeente:
1. Hoërskoolkinders/studente en volwassenes wat kan help as groepleiers.
2. Iemand om verantwoordelikheid te neem om die kos voor te berei. Alle bestanddele word verskaf, maar ons benodig iemand om bv. die worsbroodjies te maak.
3. Dat elkeen asb. die woord sal versprei, sodat soveel as moontlik kinders in Kimberley die geleentheid kan bywoon.
4. Enige finansiële bydrae om te help om ‘n minderbevoorregte kind te borg.
5. Raak asb. betrokke - Desember is by uitstek uitreikmaand!
Wednesday, 4 December 2024

Sunday, 1 December 2024

Sunday, 16 June 2024
Pa's, daar is geen plaasvervanger vir liefde nie
Die Amerikaanse skrywer, Alan Cohen, vertel: In 'n klein dorpie in Spanje het 'n pa met die naam, Jorge, 'n bitter argument met sy seun, Paco, gehad. Die volgende oggend het Jorge ontdek dat Paco se bed leeg is - hy het van die huis af gedros.
Oorweldig deur spyt en berou het Jorge selfondersoek gedoen en geweet sy kind is vir hom belangriker as enigiets anders op aarde. Hy het besef dat hy as pa misluk het en wou weer van voor af met sy seun begin. Jorge het na 'n bekende winkel in die middedorp gegaan en 'n groot kennisgewing in die venster geplaas met die volgende boodskap: "Paco, kom huis toe! Ek is lief vir jou. Ontmoet my môre-oggend hier."
Die volgende oggend het Jorge na die winkel gegaan waar hy nie minder nie as sewe jong seuns met die naam, Paco, aangetref het en wat ook onder dergelike omstandighede van die huis af gedros het. Elkeen het die roepstem van liefde beantwoord met die hoop dat dit sý pa was wat hom met ope arms huis toe nooi.
Op Vadersdag, wanneer Pa altyd oorlaai word met waardering en liefde, is dit miskien gepas vir pa's om 'n bietjie selfondersoek te doen en te vra of hulle as rolmodelle van vaderskap al die lof en liefdesbetuigings waardig is. Dis nie om pretbederwer te wees nie, maar om 'n ernstige realiteit van ons tyd onder oë te neem. Kinders sal 'n pa nie onthou vir die materiële dinge wat hy aan hulle verskaf het nie, maar vir die manier waarop hy hulle met liefde vertroetel het.
Wat ook al in ons tyd deur verskillende kitsoplossers gesê word, die primêre behoefte van 'n kind is liefde - waarvoor daar geen plaasvervanger is nie.
Die meeste van ons as pa's sal dinge anders doen as ons weer ons kinders van voor af kan grootmaak. Een ding het die lewe ons geleer, mits ons oop was om geleer te word: daar is geen probleem wat die liefde nie kan oplos nie; geen knoop wat die liefde nie kan ontrafel nie; geen generasiegaping wat die liefde nie kan oorbrug nie.
Om dié soort liefde 'n konkrete werklikheid te maak, móét ons meer tyd met ons kinders deurbring. Die lewe gryp ons so maklik in sy seekatgreep vas dat ons vir ons kinders vreemdelinge word. Past. Gary Stroope het tereg gesê: "Ek het nog nooit 'n geslag kinders só ouerloos gesien nie."
Ons ken 'n kollega wat gedink het dat die werk wat hy vir die Here doen van kardinale belang is. Vroeg soggens, voordat die kinders op was, was hy al uit die huis uit en saans wanneer hy terugkom, slaap hulle reeds. Toe word hy een middernag plotseling tot stilstand geruk deur 'n briefie wat sy agtjarige dogtertjie aan sy kopkussing vasgespeld het. In haar kinderhandskriffie skryf sy: "Pappa, ek is baie lief vir Pappa, maar ek sien Pappa nooit om dit vir jou te sê nie. Nou skryf ek dit maar. Ek is baie lief vir Pappa." En met die vergewensgesindheid van 'n kind sluit sy af met honderd onverdiende soentjies onder aan die brief.
Soos 'n rotsstorting het berou sy hart oorweldig. Sy kon nie verstaan nie toe hy haar om middernag uit haar bedjie optel en haar warm lyfie aan sy bors druk en belowe: "Nooit weer sal jy hunker na die liefde van 'n pa nie."
Hoe maklik ontaard ons lewenstyl nie tot dié van mense wat met die oop deur na die straat toe lewe en ons lewe uitdeel aan almal wat verbykom, terwyl ons vlees en bloed in ons eie huis smag na ons liefde en teenwoordigheid.
Ons is tog so besig met "belangrike"dinge - selfs met ander ouers se kinders, terwyl ons eie kinders hunker na ons liefde en nabyheid.
Ralph Waldo Emerson het gesê: "Wie jy is, praat so hard dat ek nie kan hoor wat jy sê nie."
Ons kinders leer eintlik eers wie ons werklik is wanneer ons genoeg tyd saam met hulle deurdring. Ons móét tyd máák vir ons kinders! Miskien moet ons ter liefdevolle ontnugtering van pa's wat té besig is om tyd te hê om saam met hul kinders deur te bring, na Stan Gibhardt luister: "Ek het na jou gekyk, Pa, en geglimlag.Ek het gehoop jy sou my sien maar jy het nie. Ek het vir jou gesê, ek is lief vir jou en gewag vir 'n antwoord, maar jy het nie. Ek het vir jou gevra om buite saam met my te kom bal speel, maar jy het nie. Ek het 'n tent in die agterplaas opgeslaan en gehoop dat jy één nag saam met my sal deurbring, maar jy het nie. Ek het iemand nodig gehad om mee te gesels en my gedagtes te deel. Ek het gedink dat jy sou kom kyk, maar jy het nie. Ek het jou vertel van my eerste wedstryd en gehoop dat jy sou kom kyk, maar jy het nie. Ek het jou gevra om my jeug met my te deel, maar jy was té besig en jy kon nie. My land het my opgeroep vir militêre diensplig en jy het gevra dat ek veilig moet tuiskom, maar ek het nie.
[Bron: Die Taalgenoot, Ja-nee ..., Junie 1999, bl. 45]
Thursday, 17 August 2023
Vereistes vir 'n goeie verhouding met my kind
Gevoel/liefde
Ek is lief vir my kind, net soos hy is, want God het hom net aan my geleen. Ek laat my kind toe in my persoonlike ruimte en koester gereeld my kind geestelik en liggaamlik.
Respek
Ek respekteer my kind se liggaam, persoonlikheid, persoonlike ruimte, gevoelens en siening.
Eerlikheid
Praat altyd die waarheid. Ek is eerlik met my eie gevoelens en optredes.
Vertroue
Wees betroubaar. Glo in jou kind. Ek vertrou my kind met vriende, werk en optredes ... Dit is die boodskap wat jou kind van jou as ouer af kry.
Gelykmatige temperament (emosionele stabiliteit)
Jou kind moet weet en kan aanvoel dat jy in beheer is van jou eie lewe en emosies. Dink voor jy iets sê of optree (vermy impulsiwiteit). Leer jou kind om nie sy emosies te onderdruk nie, maar daaroor te praat en 'n plan te beraam.
Sin vir humor
Leer jou kind om te lag vir dit wat regtig snaaks is in die lewe. Leer hom om dit raak te sien, te ervaar, te geniet en te kan deel.
Kommunikasie
Praat ... gesels.Leer jou kind om nie op te krop nie, maar om te praat. Skep ruimte, tyd en plek in jou huis om met jou kind te praat, te lag en te huil.
Stel belang in sy doen en late
Deel sy belangstellings en moedig dit aan. Stel belang in sy vriende, sy skool en sy onderwysers. Stel belang in sy toekomsvisie en drome.
Totoale toewyding
Wees lief vir jou kind soos vir jouself,met jou hele siel, krag en verstand. Kom jou doopbelofte na, nl. om deur jou daaglikse optrede en lewenswandel jou kind na God te lei.
[Dankie, Karen Botha]
Wednesday, 16 August 2023
'n Kleinmensie-kyk
Dis net altyd die grootmense wat oor waardes en die belangrikheid van die gesin gesels. kom ons hoor vir 'n verandering wat 'n kind sou of wou sê:
Mamma, Pappa, moenie sê ek is ...
- 'n Kampioen - want dan moet ek altyd wen
- 'n Wenner - want dan is daar altyd 'n verloorder
- 'n Koning - want dan beteken dit ander is my onderdane
- 'n Stouterd - want hoe anders kan ek julle aandag kry
Mamma, Pappa sê liewers ek is ...
- 'n Koningskind - want dan ken ek Jesus
- 'n Kosbaarheid - want dan weet ek julle is lief vir my
- 'n Staatmaker - want dan weet ek, ek doen my bes
- 'n Klitsie -want dan weet ek julle geniet my grappe
Mamma, Pappa sê liewers ...
- Julle is lief vir mekaar
- Julle is lief vir ons - ek, kleinboet en kleinsus
- Julle sal net so hard werk om ons gesin gelukkig te hou as vir die baas op kantoor
- Julle sal altyd bly praat oor alles wat saak maak
Voorspoed, sukses, roem, 'n loopbaan of rykdom is kleingeld vir 'n kind. Dis gesinsgeluk, geloof wat tel, wat rente in Ewigheidswaarde vir hom of haar omsit.
Kom ons grootmense probeer dit onthou.
Friday, 11 September 2020
Tuesday, 4 August 2020
Friday, 31 July 2020
Thursday, 30 July 2020
Sunday, 26 July 2020
Subscribe to:
Posts (Atom)