Showing posts with label Ruikers. Show all posts
Showing posts with label Ruikers. Show all posts

Thursday, 18 September 2025

Baie dankie vir die pragtige blomme wat elke Sondag kleur en atmosfeer aan die erediens verleen


Blomme speel ‘n baie groot rol in die erediens. Groter as wat ons moontlik dink of besef! Blomme skep nie net ‘n sekere atmosfeer wat ons gemoedstoestand voorberei vir die boodskap nie, maar blomme dra ook ‘n spesifieke boodskap uit.

Dankie vir elkeen wat hul talente op hierdie manier met die kerkgangers deel.


Foto's: Ds. Ensie

Monday, 2 June 2025

Die taal van blomme


Blomme speel ‘n baie groot rol in die erediens. Groter as wat ons moontlik dink of besef! Blomme skep nie net ‘n sekere atmosfeer wat ons gemoedstoestand voorberei vir die boodskap nie, maar blomme dra ook ‘n spesifieke boodskap uit.

Dankie aan die blomkunstenaar, Carina Badenhorst, vir die spesiale bydrae!

Wednesday, 31 May 2023

Ruikers van die lewe


Elkeen het sy eie tuintjie in sy lewe
Want elkeen is die tuiner van sy eie lewe.
God het aan ons elkeen saad gegee.
Hoe ons dit plant en versorg sal beslis
of ons die groot voorreg sal hê
om eendag voor die
groot Tuinier te verskyn - 
dalk met 'n bossie dooie
of verlepte blommetjies
of dalk met 'n bossie fyn,
broos blommetjies,
lewendig en aangenaam gegeur.

Deur die jare heen sal jy jou blommetjies se saad oes.
Moenie huiwerig wees om dit wild te strooi nie.
Hoe welkom is 'n bossie vriendelikheid
of hulpvaardigheid getooi met 'n glimlag
nie dikwels aan 'n persoon nie?

Maai die onkruid van sonde uit en verbrand dit,
want dit sal altyd in jou blombedding verskyn.
En as dit eers diep gewortel is,
raak jy moeilik daarvan ontslae.

Voor jou deur sal daar ook baie bossies blomme neergesit word.
Party sal eg lyk,
maar later sal jy sien dit is slegs kunsblomme.
Ander sal verwelk en tot niet gaan,
maar ander sal vars en geurig bly
en elke dag 'n ryper skoonheid afgee.

Vir dié wat 'n bossie kwaadstook aan jou stuur,
stuur aan hulle 'n bossie mooi opregte komplimente met 'n uitnodiging na God se huis.

Vir die wat 'n bossie onvriendelikheid stuur,
stuur aan hulle 'n bossie vriendelikheid,
gegeur met een van Dawid se Psalms.

Vir dié wat aan jou 'n bossie haat stuur,
stuur aan hulle 'n bossie liefde,
getooi met die oggend se doudruppels.

Vir die wat aan jou 'n bossie norsheid stuur,
stuur aan hulle 'n bossie blymoedigheid saam met 'n brief van Paulus.

Aan die wat aan jou 'n bossie van GELOOF, HOOP en LIEFDE stuur, 
stuur jy dubbel soveel terug met seënwense.
Die grootste van die drie ruikers
sal dié een wees van die LIEFDE,
met Korinthiers 13 ingesluit

[Dankie, Anoniem, vir hierdie waarheid.]

Wednesday, 27 April 2022

150 genadejare: Die feesruikers


Die uniekheid van die protea, maak dat die blom spreekwoordelik kop en skouers uitstaan bo die ander blomme. Dit trek onmiddellik aandag, ongeag hoeveel ander blomme in 'n vertrek is. 

Sondag se feesruikers in die kerk het hulle eie unieke kragtige woordelose boodskap met die gemeentelede en besoekers gedeel en so die boodskap van ds. Richard Holloway (Jy is gesien ... jy word gesien) versterk. Almal het die rooi protearuikers gesien, waardeer en daarmee saam ook die ruikerboodskap van uithouvermoë, moed, gehardheid, diversiteit, durf en transformasie verstaan - die gemeente se pad die afgelope 150 jaar.  

150 jaar het opofferinge op vele terreine van die lidmate gevra, maar ook moed en deursettingsvermoë en uithouvermoë waar voorspoed nie 'n gegewe is nie en uitkoms nie altyd voor die hand liggend was nie. Die uniekheid van die gemeente lê in die diversiteit daarvan en dat gemeentlede oor dekades heen altyd op een of ander manier uitgereik het, vandaar al die uitreikaksies wat in die annale van die gemeente opgeteken is. Dit alles en soveel meer is in een ruikerboodskap opgesluit.

Baie dankie aan die twee blomdames, Carina Badenhorst en Liesl Brown, wat vir die ruikers verantwoordelik was. Die hoendervleismooi storie is dat hulle mekaar nie gekontak het oor wat hulle gaan doen nie, maar dat hulle dieselfde blomme gebruik het vir die kerkruikers.  

Kerkruikers


Bankruikers




Voorportaalruikers


Lees ook HIER.
Foto's: Elsa Minne en Alda Welman