Showing posts with label Opstanding. Show all posts
Showing posts with label Opstanding. Show all posts

Friday, 5 June 2026

Grafgodsdiens

Jesus se lyde en sterwe sou tot 'n groot mate tevergeefs gewees het, as Hy nie uit die graf opgestaan het nie. 

Dit is die bewys dat Hy waarlik die Seun van God is.

Christus het nie slegs opgestaan nie, maar Hy LEEF!  
Hy leef NOU en tot in alle Ewigheid.

Soos die vroue van ouds bring baie van ons egter vandag nog ons speserye na Sy graf toe. Ons kom om te treur, in plaas van te triomfeer. Ons ongeloof verwag niks meer as 'n lyk nie.

Geen wonder dan ook dat ons so dikwels die kenmerke van hierdie GRAFGODSDIENS onder die sogenaamde Christene aantref nie. 

Hulle godsdiens het ...
* 'n grafklimaat (dit is koud en dood);
* 'n Grafatmosfeer (muf en onaangenaam);
* 'n Grafgeaardheid (lewenloos en kragteloos);
* 'n Grafeffek (onwelriekend en afstootlik).

Die kerk het kragteloos geword omdat dit hom ontbreek aan 'n LEWENDE Jesus!

[Dr. JCG Kotze (prof. Kolie - April 1988]

Luister gerus na van prof. Kolie se preke HIER.

Saturday, 16 April 2022

Sondag: Sonsopkomsdiensby Rooifontein


Kom woon hierdie besondere diens by waar die week se verrigtinge afgesluit word, en waar ons lewe herdenk.

Wat sê ons Sondag vir mekaar ?

Ons sê dat die wonderwerk van Paasfees is nie net dat ons na ons dood opnuut sal lewe nie, maar dat ons deur die onbeskryflike groot krag van Jesus se opstanding nou reeds volkome nuut kan lewe.

En daarom kan elkeen van ons hierdie wêreld help vernuwe - ons het 'n verantwoordelikheid!!

Kom ons vier die nuwe lewe saam met Jesus in hierdie gebroke wêreld.

Soli Deo Gloria!!!