Jesus se lyde en sterwe sou tot 'n groot mate tevergeefs gewees het, as Hy nie uit die graf opgestaan het nie.
Dit is die bewys dat Hy waarlik die Seun van God is.
Christus het nie slegs opgestaan nie, maar Hy LEEF!
Hy leef NOU en tot in alle Ewigheid.
Soos die vroue van ouds bring baie van ons egter vandag nog ons speserye na Sy graf toe. Ons kom om te treur, in plaas van te triomfeer. Ons ongeloof verwag niks meer as 'n lyk nie.
Geen wonder dan ook dat ons so dikwels die kenmerke van hierdie GRAFGODSDIENS onder die sogenaamde Christene aantref nie.
Hulle godsdiens het ...
* 'n grafklimaat (dit is koud en dood);
* 'n Grafatmosfeer (muf en onaangenaam);
* 'n Grafgeaardheid (lewenloos en kragteloos);
* 'n Grafeffek (onwelriekend en afstootlik).
Die kerk het kragteloos geword omdat dit hom ontbreek aan 'n LEWENDE Jesus!
[Dr. JCG Kotze (prof. Kolie - April 1988]
Luister gerus na van prof. Kolie se preke HIER.
