Sy dink toe by haarself hulle moes seker ver gereis het en is seker doodhonger en moeg. Sy vra toe of hulle nie dalk wil inkom vir ete nie. Die eerste ou man vra toe: "Mevrou, is jou gesin tuis?"
Sy sê toe hulle sal nou enige tyd hier wees, waarop hy antwoord. Dan sal ons later inkom.
Bietjie later toe die pa en sy dogter opdaag, gaan sy weer uit en nooi sy weer die ou mans in vir ete, maar dié keer sê die een ou man vir haar: "My naam is Rykdom, my ander 2 vriende is Geluk en Liefde, maar net een van ons kan inkom en by julle kom kuier. So die keuse lê by julle. Wie verkies julle moet saam julle kom maaltyd hou?"
Die vrou is toe weer in die huis in en vertel haar man van die snaakse gebeure buite. Die man sê toe vinnig, nooi vir Rykdom in, ons kan nogal doen met 'n miljoen, kyk net hoe lyk ons huis." Die vrou sê: "Ek weet, maar ek verkies steeds Geluk, dit is hoog tyd dat ons ook 'n bietjie geluk in ons lewe moet hê."
Die dogtertjie wat ook aan tafel sit, skree toe: "Ek kies Liefde, Mamma, asb. laat Liefde inkom. Die ma en pa wat nou altwee na haar kyk, terwyl haar ogies helder blink van opgewondenheid, stem toe in. "Goed, my kind, laat dit dan Liefde wees."
Die vrou hardloop toe weer na buite en vra wie van die mans is nou weer Liefde en kan Liefde asb. inkom. Toe staan al drie mans glimlaggend op en begin na die deur toe loop. Die vrou sê: "Ek verstaan nie; U het gesê net een kan inkom." Toe antwoord Rykdom: "Mevrou, waneer jy Liefde kies, dan volg Rykdom en Geluk ook, want waar Liefde gaan, gaan ons!!"
Hierdie storie is net om julle te herinner hoe belangrik Liefde is. God is Liefde en wie Hom innooi, ervaar al die seëninge wat Hy aan jou wil skenk, want sonder Sy Liefde, is daar geen GELUK en beteken RYKDOM net mooi niks.

[Dankie, Rosetta]