Resepte

Terug na HOME PAGE


PIESANGBROOD

BESTANDELE:
1.  125ml (halwe koppie) botter of margarien
2.  250ml (1 koppie) suiker
3.  5ml (1 teelepel) vanieljegeursel
4.  2 of 3 eiers
5.  500ml (2 koppies) koekmeelblom
6.  10ml (2 teelepels) bakpoeier
7.  2,5ml (halwe teelepel) sout
8.  4 tot 6 ryp piesangs

METODE:
1.  Voorverhit die oond tot 180 °C
2.  Klop die botter en suiker tot romerig
3.  Voeg die vanieljegeursel by en meng goed
4.  Klits die eiers een-vir-een by 
5.  Sif die droë bestandele saam in 'n aparte bak en voeg by die eiermengsel en meng goed
6.  Meng die fyngemaakte piesang by die beslag
7.  Gooi in 'n gesmeerde broodpannetjie
8.  Bak vir 1 uur teen 180 °C
Piesangbrood

Katelyn Marais met haar meesterstukke!