Showing posts with label Bid. Show all posts
Showing posts with label Bid. Show all posts

Friday, 2 October 2026

Ons lewens is soos kombuisvloere ...

Ek was vanoggend die kombuisvloer en 'n gedagte neem vorm in my kop. 

Is ons lewens nie maar soos kombuisvloere nie? 
* Ons word gewas, want ons is vuil.
* Soms is ons nog "nat" en terwyl ons nat is, stap iemand oor ons pad en los 'n modderspoor, en God kom en was ons weer skoon. 
* Maar soms los ons die vloer vuil en ons laat toe dat baie meer vuil ingetrap word en eendag dan gaan ons op ons knieë en dan vra ons Jesus, was my Lewe Skoon, en die harde mop word ingespan en die ou vuilgoed word afgeskrop en die trane rol en die pyn is groot maar die vloer kom skoon. 
* Dan word dit jou keuse - ‘n keuse of jy die vloer gaan skoon hou en of jy gaan toelaat dat die vuil spore weer ingetrap word.
* Maar wees nie bekommerd, want wanneer jy die vloer weer laat vuil word, draai Jesus die Krane van Genade weer oop en Hy skrop jou weer skoon. So groot is Sy genade en die ammoniak wat uit Sy woord vloei en jou ontsmet en skoon was, maar wees gewaarsku, as jy die emmer nie vol hou en die waslap byderhand hou en op die knieë gaan en "was" nie, gaan nog vuil voete oor jou vloer trap ...

Wees geseënd ... wees nederig ... wees dankbaar ... en onthou ... 
Jou Bybel is jou onuitputlike bron van skoonmaak ... 
Moenie jou botteltjie cleaner in die kas bêre, toegemaak vir die vuilste vloer of vuilste bak skottelgoed nie, haal dit gereeld uit en maak elke dag skoon ... elke dag Bybel lees ... elke dag bid ... elke dag vertrou op Jesus, want Hy is by jou elke dag.

[Aangestuur]

Wednesday, 16 September 2026

Monday, 14 September 2026

Gebed: Ek kan nie bid ...

* Ek kan nie bid ONSE as ek net vir myself leef nie.
* Ek kan nie bid VADER as ek nie Sy kind geword het nie.
* Ek kan nie bid WAT IN DIE HEMEL IS as ek nog aardgebonde is nie.
* Ek kan nie bid LAAT U NAAM GEHEILIG WORD as ek dit ydellik gebruik nie.
* Ek kan nie bid LAAT U KONINKRYK KOM as ek nie Sy Woord uitdra nie.
* Ek kan nie bid LAAT U WIL GESKIED as ek altyd my eie sin wil hê nie.
* Ek kan nie bid om my DAAGLIKSE BROOD as ek spandabelrig lewe nie.
* Ek kan nie bid VERGEEF ONS ONS SKULDE as ek nie berou het nie.
* Ek kan nie bid SOOS ONS ONS SKULDENAARS VERGEWE en met 'n wrok rondloop nie.
* Ek kan nie bid AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK as ek Jesus nie dien nie.
* Ek kan nie bid EN DIE KRAG as daar nog vrees in my hart is nie.
* Ek kan nie bid EN DIE HEERLIKHEID as ek my lewe regeer nie.
* Ek kan nie bid TOT IN EWIGHEID as ek nie Sy koms verwag nie.
* Ek kan nie sê AMEN as ek nie kinderlik glo nie.
Amen

Sunday, 16 August 2026

Nagmaal

* ONDERSOEK JOUSELF VOOR NAGMAAL.
"Elkeen wat op 'n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. Elkeen MOET eers homself/haarself ONDERSOEK voor hulle nagmaal gebruik ... Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle." 1 Korintiërs 11:27-33


* ONVERGEWENSGESINDHEID BLOK JOU DEURBRAAK EN SEËNINGE
Ons ontvang slegs God se hulp en seëninge as ons bereid is om dinge op Sy manier te doen.
"En waneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, VERGEWE hom/haar, dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe." Markus 11:25

* ONS IS SO LIEF VIR N "PITTY PARTY"
  • Waarom ek Here?
  • Hoekom moes dit met my gebeur?
  • Onthou toe die een dit aan my gedoen het!
  • Alles wat almal aan jou gedoen het speel jy oor en oor in jou gedagtes.
JOU EMOSIONELE LETSELS HOU JOU GEVANGE IN N WOESTYN VAN SELFBEJAMMERING EN BLOK JOU SEËNINGE WAT GOD VIR JOU BEPLAN.
MAAK JOUSELF VRY!!!!!

* Gaan sit biddend en vra vir die Heilige Gees om vir jou te wys waar jy nog wrok in jou hart koester.
* Maak 'n lys van al die goed en mense wat jy so oor en oor in jou gedagtes afspeel.
* En begin om een vir een te vergewe.
* ONTHOU OM JOUSELF TE VERGEWE!

IS JY NIE AL MOEG OM OOR EN OOR OM DIESELFDE BERG TE STAP NIE?
DOEN DINGE OP GOD SE MANIER EN ERVAAR JOU DEURBRAAK EN SEËNINGE.
JESUS WAG VIR JOU.

[Aangestuur]

Wednesday, 22 July 2026

Gebed vir vandag

Here, help my om vandag al my selfsugtigheid en eie wil weg te was,
sodat ek U die res van my lewe met nederigheid kan dien.
Here, stryk vandag al die plooie, wat deur die jare versamel het,
uit my gees sodat ek net die mooi in ander sal sien.
O God, help my dat ek sal regmaak waar ek ander te na gekom het. 

Here Jesus, help my om met die stoflap van u genade
die klein sondetjies wat in my hart skuil,
weg te vee en skoon te maak.

O God, gee my asseblief die wysheid om die dinge
te koop wat nodig is en nie wat ek begeer nie,
omdat ek weet Here, geen aardse skatte weeg op
teen dit wat in die Hemel wag nie. 

Help my, my Vader om die vrugte van die gees:
Liefde, Vriendelikheid, Hulpsaamheid, Sagmoedigheid,
Getrouheid en Selfbeheersing aan my naaste voor te sit.

O God, ek het my huis vir u voorberei.
Kom woon asseblief in my hart sodat ek die res van my lewe
in u teenwoordigheid kan deurbring.
Dankie Here, vir al my wonderlike vriende aan wie ek hierdie gebed kan stuur.
EK IS NIE SKAAM VIR MY HERE NIE.
Amen

[Dankie, Ann, vir die aanstuur.]

Tuesday, 7 July 2026

Mandjie Hoop: Die lewe is soos saad ...

Hoe MEER blomsaad jy saai - 
hoe meer blomme om later te pluk.
Hoe MEER liefde jy uitdeel - 
hoe ryker word jy.
Hoe MEER jy lag - 
hoe sterker word jou krag.
Hoe MEER jy bid - 
hoe sterker word die kragstroom
wat jou voed.
Waardeer God en 
dit wat Hy oor jou pad toelaat,
en waar Hy jou geplaas het.

Friday, 12 June 2026

Uitreik: Wat moet ons doen?

Ons moet mekaar liefhê 
met die Liefde wat God vir ons gee.
Ons moet mekaar vergewe 
soos God ons vergewe.
Ons moet vir mekaar bid,
sodat God ons kan beskerm 
teen die gevaar dáárbuite. 
Ons moet die Woord deel
met hulle wat ons pad vandag kruis.

Friday, 8 May 2026

Uitreik: Onbelangrik

In een van ons stede het 'n jong getroude vrou - intelligent, ryk en baie populêr - haar begin kwel oor die toestand van die wêreld, en sy het gewonder wat sy daaraan kan doen. Gewildheid gee vir 'n mens 'n sekere soort platform wat nie almal het nie. Om daardie platform ten goede te benut, is nie elkeen se begeerte nie. 

Eindelik het sy iets gedoen wat baie merkwaardig was vir 'n vrou met haar wêreldwyse agtergrond. Sy het na haar naaste buurvrou toe gestap en gesê: "Marie, jy kan vir my lag as jy wil, of jy kan weier as jy so voel, maar ek het net kom hoor of ons nie gereeld kan saamkom om vir die wêreld te bid nie. Dit mag vir jou onbelangrik klink, maar iets dryf my om dit te doen.

Haar buurvrou het haar verbaas aangekyk. Sy het eers vermoed dat dit 'n grap kan wees. Maar toe sy sien dat die ander een ernstig is, het sy ingewillig om aan die versoek te voldoen.

So het die twee vroue dan gereeld saamgekom vir gebed, en ander het mettertyd by hulle aangesluit.

Nadat hulle 'n geruime tyd vir die wêreld gebid het, het dit egter vir die vroue duidelik geword dat hulle geen hoop het om die wêreld te hervorm nie. Daarom het hulle besluit om die euwels in hulle onmiddellike omgewing en woonbuurt in die gebed te begin bekamp.

Hulle het mense geteiken en vir hulle by die naam gebid. 
* Mense vir wie gesinswaardes nie belangrik is nie. 
* Hulle wat daarvan gehou het om partytjies te hou.
* Hulle wat die elmboog te hoog te lig ten koste van hulle gesin. 
* Diegene wat graag naweek na naweek in klubs en kroeë deurgebring het.

Een vir een het diegene wat hulle geteiken het in gebed en gesprek tot bekering gekom.

Immoraliteit, buitensporige probleme, gesinsgeweld, gesinsverwaarlosing en hartseer in die omgewing het gaandeweg minder geword en die gemeenskap het ongemerk 'n verandering ondergaan.

Hierdie aanvanklik poging van 'n aarselende individu wat nie presies geweet het waar om te begin nie, het uiteindelik 'n omwenteling in tientalle lewens in haar onmiddellike omgewing tot gevolg gehad.  

Onbelangrik? JY??

Jy weet nie hoe belangrik jy kan wees nie.

[N.V.P.]