Showing posts with label Tiendemaand. Show all posts
Showing posts with label Tiendemaand. Show all posts

Thursday, 1 October 2026

Dink hieroor: Tiendemaand

Nie wat ons aan God GEE nie, 
maar wat ons van Hom TERUGHOU, 
dit maak ons arm. 

Tuesday, 30 September 2025

Tiendemaand: Ons sê dankie!


Oktober is tradisioneel tiendemaand-dankoffermaand. Op hierdie manier sê ons op ‘n spesiale manier dankie vir die Here vir al die genade, seëninge en liefde wat ons op 'n daaglikse basis uit sy hand ontvang.
Met hierdie bydrae bevestig ons net dat alles ‘n geskenk vanuit sy almagtige hand is!

Saturday, 26 October 2024

Tiendemaand: Ons help skryf aan die wêreld se verhaal ...


Ons elkeen is bevoorreg om deel te wees van God se storie met die wêreld. En as ons in hierdie ekonomiese tye nog die voorreg het om ons tiende te kan gee, is ons besonder geseënd.

In Sy storie is elkeen van ons ingesluit. Dit sluit ook Sy gebruik van ons tiendes in. Hy werk daarmee. Sy koninkryk op aarde moet uitgebrei word - dis ons opdrag. Daar is trouens baie getuienisse van God se werk wat Hy gedoen het deur middel van die tiendes wat die gelowiges en gemeentelede bygedra het.

Dit gee 'n besondere betekenis aan ons bestaan as geloofsgemeenskap en gemeente. Ons eer Hom daarvoor. 

Gee ons nog ‘n tiende, van dit waarmee die Here ons daagliks seën, terug vir Hom?

Baie dankie vir die wyse waarop u tot nou toe 'n bydrae gelewer het om ook hierdie gemeente in staat te stel om ons Hemelse Vader se Koninkryk te dien.

Thursday, 1 October 2020

Ons help skryf aan die wêreld se verhaal ...

Ons elkeen is bevoorreg om deel te wees van Sy storie met die wêreld. En as ons in hierdie ekonomiese tye nog die voorreg het om ons tiende te kan gee, is ons baie geseënd.

In Sy storie is ons ingesluit. Dit sluit ook Sy gebruik van ons tiendes in. Hy werk daarmee. Sy koninkryk op aarde moet uitgebrei word, dis ons opdrag. Daar is trouens baie getuienisse van God se werk wat Hy gedoen het deur middel van die tiendes wat die gelowiges en gemeentelede bygedra het.

Dit gee 'n besondere betekenis aan ons bestaan as geloofsgemeenskap en gemeente. Ons eer Hom daarvoor. Gee ons nog ‘n tiende, van dit waarmee die Here ons seën, terug vir Hom?

Thursday, 13 June 2019

Kom deel met ander jou getuienis ...

Aardetyd is genadetyd. En elkeen van ons ontvang dit in oorvloed.

As jy 'n getuienis het van God se hand in jou lewe - sit dit op skrif en bring dit na die kerkkantoor. Ons beoog om 'n dankbaarheidsboek saam te stel en dit in Oktober uit te gee.

Ons bydraes maak ‘n verskil. God maak deur ons ‘n verskil. 

OKTOBERMAAND is TIENDEMAAND.