Showing posts with label Deuternomium. Show all posts
Showing posts with label Deuternomium. Show all posts

Tuesday, 2 June 2026

'n Gesin is 'n gemeente in die kleine

Wat is die Here se doel met die huisgesin? 

Hoekom het Hy oorspronklik die huwelik ingestel? En hoekom sê Hy so pertinent in Deuternomium 6 dat die huislike lewe godsdienstig moet wees; dat die ouers sy woorde in hulle hart én op hulle hand moet dra, sodat almal dit kan sien; en dat hulle soggens en saans dit by hulle kinders moet inskerp.

God ag die gesonde gesinslewe só belangrik dat Hy dit in die Tien Gebooie opneem, en dit nogal as die eerste gebod van die tweede tafel. En daarby met 'n uitdruklike belofte: "Eer jou vader en jou moeder sodat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee."

In Efesiërs 6 bevestig Paulus: Kinders, wat hulle ouers eer, met hulle gaan dit goed.

Daarby word die ouers gevra: "Ouers, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here wil."

Dikwels hoor 'n mens ouers sê dat hulle swaar groot geword het en dat hulle dit vir hulle kinders makliker wil maak. 
* Daarom werk hulle hard - 
* hulle werk oortyd,
* hulle werk tot Sondae toe. 

Hulle gee vir hulle kinders feitlik alles in oorvloed - maar dan kry hulle dikwels die ellende dat daardie kinders nie kan waardeer wat hulle kry nie.

Dit is natuurlik niks nuuts dat kinders opstandig is nie. Die eerste ouerpaar in die wêreld se kinders was opstandig: Kaïn teen Abel. Hierdie opstandigheid was maar net 'n voortvloeisel van die ouers se eie opstandigheid teen God.

As daar van gesinsprobleme gepraat word, word daar gepraat van dinge wat so oud is as die mensdom self.

Daarom staan die gebod so pertinent eerste op die tweede tafel: omdat ellende deur gesinskrisisse die wêreld binnegekom het en verder vergroot het. Dit is ook daarom dat hierdie gebod uitgelig word met beloftes, dat as ons dit reg uitleef, as kinders en as ouers, dat die Here sy seën sal gebied.

Stabiele gemeenskap

Saam met die gebod van eerbied vir jou ouers, gaan gepaard 'n erkenning van die waarde van die gesag wat oor jou gestel is. As kinders geleer het om owerhede te eerbiedig, en daarin hulle sekuriteit te kry, bevorder hulle 'n stabiele gemeenskap in die samelewing en hulle verkry 'n bestendige owerheid wat met 'n vaste hand regeer.

Die ouer-kind-verhouding is baie belangrik, maar dit vloei voort uit die heel belangrikste aardse verhouding - dié tussen man en vrou. Die huwelik is die kleinste sel in die samelewing en van hieruit groei die ander verhoudinge,

Agter die huwelik en agter die gesin, staan God self as ons hemelse Vader.

Hy weet wat vir sy kinders die beste is, daarom gee Hy hierdie gebod. Daarom moet ouers so leef dat kinders hulle kan eer; en kinders moet so leef dat 'n volgende geslag gelowiges gebou kan word.

Ouer en kind is deur God sy eiendom gemaak. Hulle is saam betrokke in 'n nuwe gemeenskap. Waar ouers en kinders ook al bymekaar kom - soggens, saans, op pad of tydens vakansie - waar hulle saam Bybel lees en bid - daar is die gesin 'n gemeente in die kleine: 'n huisgemeente.

En meer as dit: die gesin is 'n klein heelal. Gesinslede gee 'n geluk aan mekaar wat andersins net nooit moontlik sou wees nie.

Daarom, al ken ons mekaar, al ken ons mekaar se swakhede en probleme, moet dit ons nie daarvan weerhou om saam die Here se aangesig te soek nie. Inteendeel: juis omdat ons bewus is van ons tekortkominge en afvalligheid, moet ons saam die Here se hulp vra vir dié huiskring waarin Hy ons geplaas het.

As kinders agterkom dat ouers met God praat, dan is die saak halfpad gewonne.

Dan sal ouers weet dat kinders hulle gesag makliker aanvaar, want kinders sal weet: God regeer ons deur ons ouers.

Wanneer 'n mens jou plek in die huisgesin vind: pa, ma, broer, suster, ouer kinders, jonger kinders, dan leer ken huisgenote ook hulle plek daar buite in ander samelewingsverbande.

'n Kind wat tuis is in sy ouerhuis, leer om tuis te wees ook in die samelewing waarin God hom geplaas het. Hy leer om eendag sy eie huis ook in te rig volgens hierdie reël en volgens die eise wat dán op hom wag. Want: hy het geleer om iemand lief te hê wat vir hom lief is; om agting te hê vir 'n ander mens; om tegemoetkomend te wees teenoor die swakkere; om hom te handhaaf teen 'n veeleisende.

Miskien is daar mense wat bedenkinge het, wat sê: my vader en moeder is nou nie juis so dat ek hulle kán eer nie. Dan geld hierdie Bybelwoord nóg. Daar is geen uitsondering nie. Eer jou vader en jou moeder.

Dié dubbele feit staan soos 'n paal bo water: jy sou sélf nie daar gewees het as jou ouers nie daar was nie; én: as God dit nie gewil het dat jy sal leef - en sou leef as kind van daardie spesifieke twee mense nie. Wie ook al jou ouers mag wees: God verwag dat jy hulle sal eer - dat jy hulle sal ag as mense deur Hóm oor jou gestel.

Dit is so dat kinders nie hulle eie ouers gekies het nie. Maar dit is ook so dat ouers nie hulle kinders kon kies nie. God in sy vrymag en almag het ons bymekaar gebring. Daarom moet 'n goeie verhouding tussen ouers en kinders ontwikkel en ontgin word. 

Wanneer ons die beste vir mekaar soek, sal ons ervaar dat ons iets prakties doen om mekaar se lewens te verryk. Want wat help dit om buite hoë ideale na te jaag, maar jy was nie in staat om in jou eie huis 'n sukses te maak van dit wat jy moes gedoen het nie.
 
Wanneer 'n mens aan die Here gehoorsaam is, raak die lewe vir jou vol, én ook betekenisvol.

Wanneer 'n mens die lewe leer ken het as betekenisvol, dan wil jy die goeie vevorder in elke lewensverband. Dan sal daar nie besware wees dat ons in onchristelike strukture lewe nie.

Dan sal ek ook die moed van my oortuiging hê om vir andere te vra: Soek jý eers die koninkryk van God en sy geregtigheid - of soek jy eie-belang, al is dit langs die weg van ongeregtigheid?

Met mense wat die goeie wil, sal ons hande vat. Vir die ander sal ons bid.

[Dr. Attie van der Colf - Spore]

Wednesday, 13 May 2026

Mossiestilte: Deut. 30:19b

die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,


Dit het Hom behaag om sy Seun vir jou sondes te offer en jou vry te spreek.
Jy het die keuse om van die boom van die lewe te eet, noudat jy weet, wat die verskil tussen goed en kwaad is.
Jesus Christus se liggaam is jou voedsel, jou daaglikse brood; spandeer tyd met die Heilige Gees en Hy sal jou leer en lei en troos.
Jesus het gekom om jou, sy geregtigheid te gee en jou verhouding met God te herstel.

Dankie, My Vader wat in die hemele is, dat U my gereinig het met u Seun se bloed. Jesus, ek kies om van die boom van lewe te eet. U het vir my 'n plek gaan voorberei . U het 'n belofte gemaak dat U, my weer sal kom haal. U Heilige Gees leer en verander my denke daagliks. Ek kies om van die boom van die ewige lewe te eet. U is my daaglikse brood, U vul my met my met lewe en genesing, vreugde en blydskap. Amen.

Monday, 27 April 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Want die Here jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
Deuteronomium 15:6

Sunday, 23 November 2025

Mossiestilte: Ps. 102:5

Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.


Jy het daagliks brood, maar jy vergeet om te eet.
Van watter brood praat Ps. 102:5? 
Die brood waarvoor jy elke dag vra.
Die brood wat Jesus by die put by die Samaritaanse vrou geëet het.
Die brood wat Elia van die Engel van die Here gekry het.
Die brood wat Jesus aan die skares gegee het.
Die brood wat Jesus saam met die Emmausgangers gebreek.

Here, ek raak so betrokke in die wêreld dat ek vergeet om u brood te eet, die woord van God.
Ek eet soms baie en word versadig, maar soms vergeet ek, en eet my eie woorde. U het self gesê: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God. Ek eet weer by U en U vul my met u brood van die ewige lewe. Dankie Here, vir my brood elke dag. U verkwik en versterk my daagliks.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel] 

Wednesday, 19 November 2025

Mossiestilte: Deut. 23:20

Kyk ek het ontvang om te seën; en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.


Jesus sê in die bergpredikasie dat ons is die sout van die aarde is; laat ons die goeie smaak van die evangelie aan ander ook gee.
Ons het 'n opdrag om die Blye Boodskap aan die wêreld te bring, wie is ek dan om nie die Woord van God te deel met ander nie? Deut. 23:26b: Alles wat die Here spreek, dit sal ek doen.
Al gaan jy waar, daar moet jy die woord van God deel. Al wil die Satan jou deur 'n Balak verlei, draai jou gesig weg van hom na God toe en God sal joe oë open. (verg. Deut. 24:1)

Here, ek het u gebed nodig. Heilige Gees bid namens my met onuitspreeklike sugtinge. Dit wat die Heilige Gees, deur die Woord my leer en aan herhinner, dit sal ek spreek. U Woord het my gered. Amen

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Wednesday, 30 April 2025

Mossiestilte: Deut. 32:47

Want dit is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe;

Gee vanoggend ag op hierdie woorde wat God met jou spreek en waarmee God jou waarsku; leer jou kinders om dit te hou (vergelyk vers 46)
Slegs God se woord sal behoue bly.
Sy Woord skep, herskep en onderhou.
Staan op die Woord/Rots dan sal jy lewe.

Here my God, U is my Skepper, van U sal ek my voorsiening kry. U gee my, my daaglikse brood. U is my krag en geregtigheid. Deur U genade bereik ek my doelwitte. Deur u genade staan ek elke dag op. U het gesê u genade is vir my genoeg. U genade spreek met my en ek moet luister. 2 Kron. 20:14. Ek eet u woord Jer. 15:16. U Woord het lewendig geword en by my kom woon. Joh 1:11. Here, ek sal U woord bewaar Joh. 14:23 -24. Ek glo dat U in die Vader is en die woorde wat U spreek kom vanuit U Vader wat in U bly en Hy doen die werke. Joh. 14:12. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]

Thursday, 12 December 2024

Did you notice today's date is 12/12

See what the Bible says about today's date: 

🗝️Genesis 12:12. 
You will not die you will live.

🗝️Exodus 12:12. 
I will execute judgment against your enemies. 

🗝️Deuteronomy 12:12 
You and your households will be joyful in God's presence.

🗝️Joshua 12:12 
You will defeat all your enemies

🗝️1 Samuel 12:12 
A new and a better king will rule in your life.

🗝️2 Samuel 12:12 
The evil plans of your enemies will be made public.

🗝️1 Kings 12:12 
Your favours shall return to you.     

🗝️2 Kings 12:12 
You will build your own house.

 Today is the first day of the rest of your life!!!! 

[Thank you, Rosetta]