Sunday, 23 November 2025

Mossiestilte: Ps. 102:5

Platgeslaan soos die plante en verdor is my hart; want ek vergeet om my brood te eet.


Jy het daagliks brood, maar jy vergeet om te eet.
Van watter brood praat Ps. 102:5? 
Die brood waarvoor jy elke dag vra.
Die brood wat Jesus by die put by die Samaritaanse vrou geëet het.
Die brood wat Elia van die Engel van die Here gekry het.
Die brood wat Jesus aan die skares gegee het.
Die brood wat Jesus saam met die Emmausgangers gebreek.

Here, ek raak so betrokke in die wêreld dat ek vergeet om u brood te eet, die woord van God.
Ek eet soms baie en word versadig, maar soms vergeet ek, en eet my eie woorde. U het self gesê: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God. Ek eet weer by U en U vul my met u brood van die ewige lewe. Dankie Here, vir my brood elke dag. U verkwik en versterk my daagliks.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]