* Wat doen 'n skilpad op die N1?
So 300 meter per uur.
* Wat is die definisie van 'n Tiger Moth?
'n Versameling onderdele in 'n formasievlug.
* Dit is Koos se eerste vlug as kaptein en hy wil graag die passasiers en bemanning imponeer. Toe hy taamlik na aan die lughawe vir die landing is, besluit hy om die Boeing reg aan die kant van die aanloopbaan neer te sit sodat hy die eerste afrit na die terminaalgebou kan neem.
Hy bring die reuse vliegtuig stadig en sekuur in, land presies waar hy beplan het, gooi die motors in trurat, die vlerkklappe lig blitsvinnig op en hy lê op die remme.
Maar ten spyte van alles trek die Boeing reg oor die teerstrook en kom 'n hele ent aan die anderkant in 'n geweldige wolk stof en gras tot stilstand.
Koos is onthuts, want hy kan nie verstaan waarom hy nie die vliegtuig betyds kon stop nie. "Sjoe," sê hy, "dit is die kortste aanloopbaan waarop ek ooit geland het. Maar ek sê jou, dit is wragtie die breedste!"
[Bron: Finansies & Tegniek, 5 April 1996]