julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is in Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen
God wil jou volmaak tot die beste, in goeie werke wat jy kan dien.
Vader het jou uitgekies, om in sy wil te wees in elke goeie werk.
Hy sal in jou werk, en laat doen wat welbehaaglik is vir Hom deur sy Seun, Jesus Christus.
Hy sal groter dade deur jou doen as wat Hy self gedoen het, soos Hy gespreek het.
Dankie, Here, dat U my uitverkies het, iets wat ek nie verdien het nie. U het my egter kom haal uit my sondige natuur en met barmhartigheid beklee met u geregtigheid. U het my sodanig herstel, dat ek nou U werktuig is om goeie werke te doen wat U welbehaaglik is. Aan U, Jesus, kom toe die eer en heerlikheid, tot in alle ewigheid. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]