Monday, 10 November 2025
Gebed: Liefde wat alle verstand te bowe gaan
"Here, ons Vader, aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het, ons bid dat U deur u Gees uit die rykdom van u heerlikheid aan ons die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in ons harte sal woon en dat ons in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag ons in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag ons u liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag ons heeltemal vervul word met die volheid van God. Aan U wat deur u krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan U kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen."