As ek lank met my werk besig is, is ek oud en stadig.
As my afdelingshoof lank besig is, is hy deeglik.
As ek nie iets wil doen nie, is ek lui.
As my afdelingshoof nie iets wil doen nie, is hy besig.
As ek iets uit my eie doen, is ek 'n windbol.
As my afdelingshoof iets uit sy eie doen, gebruik hy sy inisiatief.
Wanneer ek met 'n besluit volstaan, is ek hardekwas.
Wanneer my afdelingshoof dit doen, is hy ferm.
Wanneer ek my afdelingshoof gelukkig maak, kruip ek by hom.
Wanneer my afdelingshoof sy hoof gelukkig maak, gee hy sy samewerking.
Wanneer ek vooruitgang maak in my werk, het ek die geluksengel aan my kant.
Wanneer my afdelingshoof in sy werk vooruitgang maak, is hy hardwerkend.
Wanneer ek nie die reëls nakom nie, vat ek kanse.
Wanneer my afdelingshoof hom nie aan die reëls steur nie, is hy oorspronklik.