Sunday, 9 November 2025

Mossiestilte: Mat. 11:28

Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Bring vanoggend al jou hartseer en moegheid na die voete an Jesus.
Bring jou donker mismoedigheid na die kruis.
Bring jou siekte en gebreke na Jesus.
Vra Hom vir Wysheid om jou deur die dag te dra en die regte besluite te neem.

Dankie, Seun van God, dat U vir my vanoggend wysheid gee en my uit my dom astrantheid verlos. As ek vanoggend stukkend en arm is, sal U vir my voorsien volgens die rykdom van U heerlikheid. U is my God en liefde. U Gees gee my die vermoë om die onmoontlike te doen in Jesus Naam. Amen.

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]