En sy het 'n suster gehad met die naam Maria; dié het by die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.
Waar sit jy vanoggend met jou beplanning, spanning, en wagtende probleme wat jou deur die nag wakker hou?
Gaan sit by die voete van Jesus, want daar is verlossing.
By die voete van Jesus is daar genesing, dáár is God se genade.
By die voete van Jesus kry jy wysheid, liefde en genade.
Dankie, Vader, by u Seun vind ek vrede vir my gemoed. U blydskap en vreugde vul my vir die dag nog voor ek begin. Ek sien dalk nie die oplossings nie, maar my verwagting is van U wat die onmoonlike moontlik maak. U sal my beplanning sorgvuldig in plek sit en die uitvoering daarvan, stuur in die rigting wat u Naam sal verheerlik. Ek bly vandag by u voete Here, al is hulle deurboor; U is naby my en sal my nooit alleen laat nie. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]