Showing posts with label Liesl Brown. Show all posts
Showing posts with label Liesl Brown. Show all posts
Monday, 29 September 2025
Sunday, 25 May 2025
Friday, 19 July 2024
Tabita se sop- en storieaand
Gisteraand het Tabita-dames op 'n ander manier hul 67-uitreikminute gebruik. Daar word só baie op materiële vlak uitgereik, maar diegene wat uitreik se emosionele tenks bly dikwels leeg, want in vandag se gejaagde lewe is daar nie tyd om dit op te vul en aan te vul nie. Gisteraand is daar emosionele brandstof, geloofsbrandstof en hoop uitgedeel.
Die twee dames wat hul lewenservaring, die opdraandes en die afdraandes, die twyfel en die glo, met die ander teenwoordig gedeel het, wou vir hulle die versekering gee dat 'n mens nooit hoop moet verloor nie - al lyk die pad oneindig lank en donker - glo en beweeg net een tree op 'n slag en as jy terugkyk, sien jy dat die Here se vingerafdrukke sigbaar is.
Marina se getuienis kan in die boekie, God maak stukkende mense heel, gelees word en Liesl se seun se berig het HIER verskyn.
As Tabita weer 'n byeenkoms het, kom kuier gerus saam en kom maak jou geloofstenk vol.
Wednesday, 27 April 2022
150 genadejare: Die feesruikers
Die uniekheid van die protea, maak dat die blom spreekwoordelik kop en skouers uitstaan bo die ander blomme. Dit trek onmiddellik aandag, ongeag hoeveel ander blomme in 'n vertrek is.
Sondag se feesruikers in die kerk het hulle eie unieke kragtige woordelose boodskap met die gemeentelede en besoekers gedeel en so die boodskap van ds. Richard Holloway (Jy is gesien ... jy word gesien) versterk. Almal het die rooi protearuikers gesien, waardeer en daarmee saam ook die ruikerboodskap van uithouvermoë, moed, gehardheid, diversiteit, durf en transformasie verstaan - die gemeente se pad die afgelope 150 jaar.
150 jaar het opofferinge op vele terreine van die lidmate gevra, maar ook moed en deursettingsvermoë en uithouvermoë waar voorspoed nie 'n gegewe is nie en uitkoms nie altyd voor die hand liggend was nie. Die uniekheid van die gemeente lê in die diversiteit daarvan en dat gemeentlede oor dekades heen altyd op een of ander manier uitgereik het, vandaar al die uitreikaksies wat in die annale van die gemeente opgeteken is. Dit alles en soveel meer is in een ruikerboodskap opgesluit.
Baie dankie aan die twee blomdames, Carina Badenhorst en Liesl Brown, wat vir die ruikers verantwoordelik was. Die hoendervleismooi storie is dat hulle mekaar nie gekontak het oor wat hulle gaan doen nie, maar dat hulle dieselfde blomme gebruik het vir die kerkruikers.
Kerkruikers
Bankruikers
Voorportaalruikers
Foto's: Elsa Minne en Alda Welman
Wednesday, 5 June 2019
Kinderkerk se Pinksterkolwyntjie ...
Sondagoggend het die kinders van graad RR tot graad 7 met die Droomlandreis kennis gemaak. Wat 'n heerlike verrassing het hierdie kinderpinkster nie vir hulle ingehou nie. Die tyd het te vinnig verby gegaan en op die koop toe, het dit 'n soet smaak in die mond gelaat ...
[Dankie aan tannie Liesl Brown wat so 'n beertjie-drukkie-kolwyntjie vir elkeen gemaak het.] Nog foto's hier.
[Dankie aan tannie Liesl Brown wat so 'n beertjie-drukkie-kolwyntjie vir elkeen gemaak het.] Nog foto's hier.
Friday, 3 May 2019
Pretdag: Werkers agter die spookasemgordyn

'n Groot dankie aan elkeen, ook aan diegene wat in stilte meer as hulle kant gebring het. Niks gaan ongesiens verby nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)
















