Tuesday 21 May 2024

Griekwa-Afrikaans: Daniël in die leeukuil

Darius was die koning van die leeukuil.

Die koning was so dros op Daniël, hy wil hom salf as eerste minister. Die koning het mense gehet wat by hom jop. Daai mense het gejaloers op Daniël. Hulle het vir Danie met die koning aanmekaar gesteek. Al het Daniël nooit vergeert gedoen nie. Al ding hyt elke dag op sy knieë gevas. 

Die mense sê vir die koning: "Mak 'n wetenskap laat elkeen van omtrent dertig dae oud moet net vir die koning bid. Dieëen wat nie wil nie, word vir die leeukuil gevoer."

Maat Daniël het oop gorduin bly gebut in sy boste kamer. Elke tyd het hulle hom gekry but. Die mense sê die koning moet nou voetstappe neem teen Daniël. Hulle gee die koning baie probleme. Hulle is vir die koning 'n kopseer. Die koningin se kop is ook seer.

Toe sê die koning: "Dan moet Daniël maar in gaan gegooi word."

Smeek-smeek gooi hy vir Daniël in die leeugat. Hy het met droewagestem gegroet. Daniël het heelnag in die leeukeel gesit. Die leeu was daai nag nie lekker gewees nie. Hulle het vir Daniël nie gebyt nie of eersie gehap. Die klein leeu ook. Die volene môre roep die koning hartseerlik met 'n vuin stemmetjie. Maar Daniël het nis gemukeer nie. Die leeus het hom nis gebuit nie.

Die koning het uitgevind die mense lieg vir my. Toe het die koning die anersegekom ingooi. Met hulle pae en mae en kundurs is hulle kom ingesmyt. Die leeukuil eet hulle met bene en al. 

[Bron: Afrikaanse Kloekgoed, Hetta Hager: "Die boekie is 'n weerspieëling van ons pragtige Griekwa-Afrikaans in sy eenvoudigste en ongekunsteldste vorm soos net 'n kind dit kan praat."

Klik HIER en HIER om meer van die bekende skrywer te wete te kom.]

Monday 20 May 2024

Dankie vir 152 000 e-besoeke

Waardeer mekaar ...

As ek geweet het dis laaste keer dat ek jou aan die slaap sou sien raak, sou ek meer moeite gedoen het om jou warm toe te maak.

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou gedruk en gesoen het, sou ek jou teruggeroep het vir nog 'n drukkie.

As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor, sou ek dit op band geneem het sodat ek dit weer en weer kon speel.

Ons leef dikwels asof daar nog baie tyd oor is om alles te wil doen wat ons graag wil doen, maar sê nou vandag is die laaste kans!

Kom ons maak vandag tyd om te sê: Ek is lief vir jou of  Dankie of ek waardeer jou of ek is jammer. Môre mag dalk vir altyd te laat wees en is ons kans verby.

Kom ons leef vandag en elke dag voluit!

Kom ons leef só dat ek 'n advertensie vir Jesus kan wees.

Kom ons fluister in diegene wat ons pad kruis se oor: Jy is spesiaal ... jy is uniek!

Kom ons leef ons doel op aarde uit sonder die woordjie as en sonder verwyte!

Maandag-gedagtesaad

Sunday 19 May 2024

Plaas die volgende op jou gebedslys


Elke Sondag is daar gebedsversoeke op die afkondigingspamflet by die lief-en-leed-hoekie. Voeg daardie gebedsversoeke by jou lysie. 

Wat is ’n gebedslys nie?
* Dit is nie ’n inkopielys waar jy net vir die Here alles kan noem wat jy wil hê nie. (Ons is almal so skuldig hieraan.)
* Dit is ook nie ’n rympie om uit jou kop te leer sodat jy jou gesprekke met die Here net kan opsê en aframmel nie.
* Die gebedslysie sal nie keer dat jou gebede met die Here gesprekke is nie, maar sal jou rig.

Klik HIER vir die name van gemeentelede waarvoor daar gebid moet word.

Saturday 18 May 2024

Kerkgenotjies: In die Sondagskoolklas

Waarom het Noag die ark gebou?
* Hy wou oorsee gaan.

Watter les leer ons uit die verhaal van Dawid en Goliat?
* Om te koes vir 'n klip.

Klik HIER om 'n lag in jou Saterdag te sit.

Slaairesep: Beetslaai met 'n verskil vir die winter

Benodigdhede:

2 tot 3 gaar bete in blokkies gesny
1 tot 2 lemoene - in segmente gesny
1/4 ui - fyn gesny
1 wiel fetakaas (gekrummel)
1/4 koppie neute - gerooster (opsioneel)
Gemengde slaaiblare

Sous:
1/4 koppie vars lemoensap
1/4 koppie olyfolie
2 teelepels heuning
2 teelepels asyn
1 teelepel lemoenskil - gerasper
Sout en peper na smaak
Knoffelvlokkies (opsioneel) 

Metode:
1. Pak 'n bed van blaarslaai
2. Meng res van die bestanddele en pak op blaarslaai
3. Gooi sous oor

Wenk:
Maak sous al die vorige aand aan, sodat die bestanddele solank met mekaar kan kuier.

Friday 17 May 2024

Terugflits: Soek die juwele in die alledaagse

Juwele kan baie werd wees. Hang af van die vakmanskap en die edelgesteentes of dit kan baie goedkoop wees omdat dit sentiment het. In 'n groot mate word juwele se waarde bepaal deur wat dit vir jou beteken. Daarom vir my so kosbaar die kleine blondekop-meisie wat haar skatte voor my kom uitskud.

Ons kampeer met kinders uit verskillende omstandighede. In haar beperkte konteks en haar vyf jaar van bestaan, ken sy nie diamantringe en goue juwele van 'n sekere karaat nie. Sy weet daarvan, maar die waarde is nog ver bo haar begrip. As sy haar juwele uitskud, dan besef ek sy gaan dit nooit verkoop nie, maar tog is dit van soveel waarde dat haar juwele moeilik vorentoe deur die harde werklikheid van goud en silwer vervang sal kan word.

"Oom, kyk my juweeltjies - ek tel elke dag 'n sak vol op."

Ongelooflik - twee skoenlappers, drie boomsade, 'n dooie tor, 'n wit klip, 'n stukkie rooi gras, 'n boompeul. Dit is haar juwele. Sy het al baie by die huis.

Haar ma het gesê sy mag dit in haar kamer hou. 

'n Mens moet ook nie dink dat sy nie weet wat elkeen vir haar beteken nie. Sy soek haar juweeltjies met die hand uit.

Ek is dom - ek durf vra of elke dag s'n dieselfde lyk. 

Verontwaardig kom die antwoord: "Natuurlik nie, Oom, daar is elke dag nuwe juweeltjies om my. Ek moet hulle net optel."

Hoe wonderlik as 'n mens nog in die klein goedjies juwele kan sien.

[Bron: Noordkaap - Twyfelhoekie - Hannes Noëth]

Terugflits: Make a bear to show that you really care

CHRISTMAS THIS year will be filled with many bear hugs for the children from the Thusong Kids Haven, Kestel Campus and Christina Kiddie Childrens Centre.

This heart-filled operation was undertaken by die NG Church in Dutoitspan, where organiser, Madelain Weideman, set out to have teddybears knit for these children.

Their aim was to bring joy to every child this Christmas and to make them feel special. A big thank you then goes to:  Aunty Jane, Inge, Hettie, Lina, Anna, Letsie, Skoonsus, Tina en Ina, who finished their mission within only a month.

The congregation would like to wish all a blessed Christmas!! The heart warming gesture will be much appreciated by the children.

[NND/Kitsnuus Vrydag]

Thursday 16 May 2024

Kindervreugde: Ondersteun die Santa Shoeboksprojek

Kom ons as 'n gemeente maak hierdie jaar weer 'n paar kinderharte bly. Daar is 'n lys met 50 kindername by die kerkkantoor beskikbaar. Kontak asseblief so gou as moontlik die kerkkantoor om 'n naam te kry. Kersfees is juis 'n tyd vir gee en uitreik!

Alle geskenkbokse moet teen 30 Oktober ingehandig wees.

Wednesday 15 May 2024

The horse with the bell ...

Just up the road from my home is a field with two horses in it.

From a distance, both horses appear to be like any other horses. But if you walk closer, you will notice something quite amazing; one of the horses is blind. However, the owner has chosen not to put down the blind horse but has made a good home for both horses.

If you stand nearby and listen, you will hear the sound of a bell attached to the halter of the sighted horse. The bell is used to lead the blind horse. You will notice something amazing; the sighted horse regularly checks to see if the blind horse is hearing the bell, is following the sighted horse’s lead, and is continuing to trust that he will not be led astray.

Each evening, the horse with the bell returns to the shelter of the barn, occasionally looking back to make sure that the blind friend isn’t too far behind.

Like the owner of these two horses, God does not throw us away just because we are not perfect or just because we have problems or challenges.

He watches over us and even brings others into our lives to help us when we are in need.

Sometimes, we are like the blind horse being guided by the little ringing bell of those whom God has placed in our lives to help us. At other times, we are like the horse with the bell, helping others to find their way.

Good friends are like that ... you may not always see them, but you know they are there.

Please listen for my bell, and I’ll listen for yours.

And remember ...

Be kinder than necessary -
Everyone you meet is fighting
Some kind of battle.
Live simply,
Love generously,
Care deeply,
Speak kindly ...
And leave the rest to God!
For we walk by faith and not by sight!

- Author Unknown

Tuesday 14 May 2024

151 000 e-kuiers

'n Hartlike Dutoitspan-dankie aan elkeen wat 'n wyle hier vertoef en lees van die doen en late in die gemeente, maar wat ook die inspirerende boodskappe en gedagtes lees wat van oraloor aangestuur word. 

Dankie vir elkeen wat die adres van die blog aanstuur, en die boodskap op hierdie manier versprei.

Explaining God

Although this letter can be found all over the web, we feel it is worth repeating.

"One of God's main jobs is making people. He makes them to replace the ones that die, so there will be enough people to take care of things on earth.

He doesn't make grown-ups, just babies. I think they are smaller and easier to make. That way, He doesn't have to take up His valuable time teaching them to talk and walk. He can just leave that to mothers and fathers.

God's second most important job is listening to prayers. An awful lot of this goes on, since some people, like preachers and things, pray at times besides bedtime. God doesn't have time to listen to the radio or TV because of this. Because He hears everything, there must be a terrible lot of noise in His ears, unless He has thought of a way to turn it off.

God sees everything and hears everything and is everywhere, which keeps Him pretty busy. So, you shouldn't be wasting His time by going over your mom and dad's heads asking for something they said you couldn't have.

Atheists are people who don't believe in God. I don't think that there are any in Chula Vista. At least there aren't any who come to our church. Jesus is God's son. He used to do all the hard work like walking on water and performing miracles and trying to teach people who didn't want to learn about God. They finally got tired of Him preaching to them and they crucified Him. But He was good and kind like His Father and He told His Father they didn't know what they were doing and to forgive them and God said OK.

His Dad (God) appreciated everything He had done and all His hard work on earth, so He told Him He didn't have to go out on the road anymore, He could stay in Heaven. So He did. And, now, He helps His Dad out by listening to prayers and seeing things which are important for God to take care of Himself without having to bother God - like a secretary, only more important.

You can pray anytime you want and they are sure to hear you, because they got it worked out so that one of them is on duty at all times.

You should always go to church on Sunday, because it makes God happy, and if there's anybody you want to make happy, it's God. Don't skip church to do something you think will be more fun like going to the beach. This is wrong! And, besides, the sun doesn't come out at the beach until noon anyway.

If you don't believe in God, besides being an atheist, you will be very lonely, because your parents can't go everywhere with you, like to camp, but God can. It is good to know He's around you when you are scared in the dark or when you can't swim very good and you got thrown into really deep water by big kids.

But you shouldn't just always think of what God can do for you. I figure God put me here and He can take me back anytime He pleases.

And that is why I believe in God."

[By Danny Dutton, a third grader from Chula Vista California]

Click HERE for more stories.

Monday 13 May 2024

Gebed vir die week

O God, as ek vandag kos het,
help my om die hongeres te onthou.
As ek werk het,
help my om die werkloses nie te vergeet nie.
As ek ’n warm huis het,
herinner my aan die haweloses.
As ek sonder pyn kan lewe,
gee my deernis met dié wat ly.
En as ek húlle onthou wat nie het wat ék het nie,
verlos my van my selfvoldaanheid,
sodat ek uit my gemaksone sal kom
en met woorde en dade diegene sal help
wat met hul oë roep na alles
wat ek as vanselfsprekend aanvaar.

Moeder Teresa van Kalkutta
(Uit: Die groot gebedeboek, Piet Naudé, 2014)

Maandag-gedagtesaad

Sunday 12 May 2024

'n Ma se liefde is die grootste

'n Parodie op 1 Korinthiërs 13 vir die moderne ma.

Al sou ek die mooiste huis hê en die smaaklikste etes vir my huismense voorberei, maar ek doen dit nie met liefde nie, dan is ek so waardeloos soos 'n leë kastrol of 'n stukkende eierklitser. Al is ek die besigste ma in die beheerraad en ek koop vir my kinders die duurste sporttoerusting, maar ek het nie tyd om hulle langs die sportveld aan te spoor nie, dan sal dit my niks baat nie. Al koop ek 'n kamer vol opvoedkundige speelgoed en betaal ek sakke vol geld vir ekstra klasse, maar ekself sit nie by my kinders en speel of worstel met die skoolwerk nie, dan is ek nog nie 'n ware moeder nie. 'n Liefdevolle ma is geduldig - sy tel maar die klere en speelgoed op.

'n Liefdevolle ma is lankmoedig en vriendelik - sy laai haar motortjie vol kletsende, swetende skoolkinders. 

Sy vergelyk nie haar kinders met ander nie en sy is nie verwaand oor hulle prestasie nie. Sy bedek alle skrape met liefde en pleister en glo in haar kinders, hoop net die beste en verdra al die klaery en kritiek.

'n Opregte drukkie en 'n intieme gesprek bly lank in 'n kinderhart, maar gestrykte wasgoed word weer vuil en 'n netjiese huis word weer deurmekaar en vol stof ...

Eendag as die Volmaakte gekom het, sal jou huis en sy binnekant tot niet gaan, maar die lewende siele van jou kinders sal ondersoek word.    

[Bron: Onbekend]

'n Huldeblyk aan alle moeders

In Mei klop ons harte rooi, spesiaal vir ons ma's en sommer vir vrouwees in die algemeen. 

Met Moedersdag om die draai, bring Elsona Steyn hulde aan al die ma's onder ons. Om 'n ma te wees beteken jou hart loop buite jou lyf rond.

'n Ma se hart is 'n snaakse ding; dit wil altyd weet waar en hoe en wat met betrekking tot haar kinders.

Waar is hulle en hoe gaan dit met hulle? Is hulle gelukkig? Want as hulle gelukkig is, is sy gelukkig. Sy beplan warmhart-doendinge vir hulle, onthou-dinge wat hulle vir altyd met hulle kan saamdra. 

Ek bring ook hulde aan al die tweede ma's van die kinders van ons wêreld. Die wat as werker na ander se kinders omsien en hulle soos haar eie grootmaak. Dié wat hulle voed, stories vertel en hulle medisyne gee as die koors rooi op hulle wange uitslaan. Dié wat hulle sag aan die slaap sing as die vaak 'n kombers oor hulle kinderogies gooi en daarna die pad huis toe neem en tuis haar kinders gaan versorg en die rol van moeder, trooster, skoonmaker, kok, onderwyser en anker ook daar vervul.

'n Ma is die een mens wat jou aanvaar soos wat jy is en jou ondanks alles altyd sal liefhê.

Sy vou steeds saans die sagkombers styf agter hul rug in, al is hulle groot. Sy bid steeds dat hulle koersvas op die regte pad sal bly, gee hulle soggens as die dag breek vir haar Here en haar God. En tussendeur onthou sy baie dinge ... Kleintyd-sêgoed, saamwees-tye ...

'n Ma voed haar kinders na liggaam en na siel vir solank as sy leef. Van vroeg af seën sy hulle met kos. Sy staan voor die stoof en haar oë word stil terwyl sy die aartappels skil, die pot se deksel lig en die geure inadem. Sy spoor hulle aan, bederf hulle en bly onbaatsugtig as dit by hulle behoeftes kom.

Daar kom lê 'n saligheid en 'n blywees en 'n diep dankie in die binnekamers van jou hart. Net omdat jy weet jy het die voorreg om 'n ma genoem te mag word.

Hallo jy, fynere geslag. Hier is my Moedersdagwense vir jou:
Mag jou jeans vandag perfek sit, jou hare vandag ekstra blink, sjokolade (net vir vandag) glad nie vet maak nie, mag jy vandag (en veral elke dag hierna) glad nie aan jou potensiaal twyfel nie, selfvertroue uitstraal en jou vrouwees geniet, want sien, om vrou te wees, om ma te wees, is só lekker.

[Elsona Steyn - lesersjoernalis - Noordkaap, Woensdag 7 Mei 2014. Hierdie wense en gedagtes is vandag nog net so relevant. 'n Wonderlike en geseënde Moedersdag.]

Oesmaande: Mei

Saturday 11 May 2024

Koffiehuiskonsert - lagterapie


Bring jou talent en kom wees deel van die lekker lag!

Kontak die kerkkantoor by 053 842 1100 vir meer inligting en vir kaartjies.

Pieter kan ook gekontak word by 082 290 2104

Vergeet een aand van jou sorge en kom meld aan vir 'n lagsessie by die kerksaal. Hulle wat lag, wen!

SIEN JOU DAAR!!!!

Slaairesep: Maklike vrugteslaai vir Moedersdag

Bestanddele:

2 geskilde lemoene
2 geskilde naartjies
1 geskilde pomelo
2 appels (ontpit)
1-2 ferm, ryp pere (ontpit)
1-2 geskilde piesangs
1 klein geskilde papaja (ontpit)
1 geskilde pynappel
2 koejawels (opsioneel)
1 x blikkie grenadellapulp of 2 vars grenadellas
10 – 12 vars kruisementblare (grof geskeur)

Metode:
1. Verdeel al die sitrusvrugte in segmente. Gooi al die vloeistof van die sitrusvrugte oor die gesnyde appels, pere en piesangs om te verhoed dat dit verkleur. 
2. Sny die ander vrugte in ewe groot blokkies.
3. Meng die vrugte kort voor dit gebruik gaan word en meng liggies deur. 
4. Voeg die kruisement by.  

Wenke:
1. Voeg sade of neute na smaak by vir afwisseling.
2. Gebruik vrugte in die winter teen kamertemperatuur. Dit bring die smaak lekker na vore.

Friday 10 May 2024

Dankie vir 150 000 e-besoeke

Die bang en onsekerheid kruip bietjies-bietjies in my hart weg

Al sou die vyeboom nie bot nie, Here, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie. Al sou die olyf-oes misluk, en die lande geen oes lewer nie ...

En al sou die verlang tot diep in my oë gaan lê, en die bang en onsekerheid bietjies-bietjies in my hart wegkruip.

Al sou die pad kilometers vol grond en gate voor my voete uitloop, en my hart se probeer moeg raak.

Al sou my oë sukkel om die son raak te sien, die son wat U elke dag op my pad kom neersit.

Al sou my kop aanhou probeer om my hart te verstaan, en my bid party dae moeg voor U kom kniel ... nogtans sal ek in U bly glo.

Sal ek glo dat U hart goed is, en liefde is.

Nogtans sal ek elke môre stil luister of ek U stem hoor. Want dit is U wat vir my die krag gee om elke oggend op te staan en my stukkie pad voluit te stap.

Dit is U wat my hart se huil stilmaak en die stukkies verlang gaan wegbêre, daar waar dit hoort.

Dit is U wat die verlede se onthou toevou in U hande, en dit eenkant neersit, daar waar dit my nie meer kan raaksien nie.

Dit is U wat langs my kniel en my optel, as die pad vir my te lank word.

Daarom sal ek glimlag oor U.

Daarom sal ek elke oggend U vrede diep in my hart gaan wegbêre.

Daarom sal ek my kop oplig en die lewe stil in die oë kyk ... want U, Here, loop saam met my. Elke dag. Altyd. En dit is vir my genoeg.

Amen

[Anoniem]

Thursday 9 May 2024

Dagboek: Mei

Tweede kwartaalprogram: Mei

9 Mei (18:30): Hemelvaartdiens (kantoor is toe) 

9-10 Mei: Kantoor toe - Skriba (kursus)

12-16 Mei (18:00): Pinksterbidure

18 Mei: Junior kategese-uitstappie (Tarentaalrand)

19 Mei: PINKSTERFEES

19 Mei (18:00): Kimberley Pray and Worship by TD-Kerk

20 Mei (18:15) Nabetragting van dankfees

29 Mei: Stemdag (kantoor is toe) 

31 Mei: KOFFIEHUISKONSERT

7 Junie (18:00): Kimberley Worship-ervaring by TD-kerk 

14 Junie: Skole sluit

18-21 Junie (09:00-13:00): Bybelskool (graad 1-7) by Dutoitspan

Verjaardagwense


Denise (Sally Aucamp), dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil. Mag jy hierdie goedheid in jou nuwe lewensjaar ervaar. Mag Hy vir jou die krag en die genade gee om elke dag met al sy baie uitdagings te kan hanteer. Geniet jou spesiale dag.  

Wednesday 8 May 2024

Afkondigings

Koffiehuiskonsert - kom lag 'n slag


Bring jou talent en kom wees deel van die lekker lag!

Kontak die kerkkantoor by 053 842 1100 vir meer inligting en vir kaartjies.

Pieter kan ook gekontak word by 082 290 2104

Vergeet een aand van jou sorge en kom meld aan vir 'n lagsessie by die kerksaal. Volgens die dokter verhoog humor die mens se vermoë om stresvolle situasies te hanteer. Moenie hierdie doktersvoorskrif ignoreer nie.

SIEN JOU DAAR!!!!

Tuesday 7 May 2024

2024: 'n Vlugtige basaarterugblik

'n Outydse kerkbasaar is 'n gesellige byeenkoms met die geur van pannekoek en braaivleis wat in die lug hang, goeie musiek in die agtergrond wat 'n kuieratmosfeer skep, 'n oop beursie en kinders wat laggend en jillend spring, gly en kompeteer.

Met soveel stalletjies te kus en te keur, tel of dink niemand aan kalorieë nie, ook nie aan uitgawes nie, want die doel heilig die middele. Spyt gaan later in die week aan jou gewete se deur kom klop omdat die opwinding tot oordaad aan soetgoed en verbode eetgoed op jou lysie jou tot verantwoording roep. Gelukkig is hierdie oordaad beperk tot 'n paar geleenthede per jaar en op hierdie manier stil jy jou eetgewete!

'n Basaar se wins lê nie net in finansiële gewin nie, maar dit kan ook gemeet word aan die gesellige saamwerk van die gemeentelede, die vrolike samekoms en kuiers voor en agter die tafels, die kosbare herinneringe wat geskep word om later te koester en jou gevoel van behoort aan 'n gemeenskap.

Met moeë voete, 'n gelukkige hart, 'n leë beursie en 'n volgelaaide kar, ry jy huis toe en voel soos ‘n wenner wat saam kon kuier en belê in die Koninkryk.

'n Breëborsbesoeker by die basaar


'n Honde-eienaar dink altyd dat hy sy hond êrens heen vat vir oefening of ontspanning, maar eintlik is dit net die teenoorgestelde. Honde het hulle eienaars goed afgerig om hulle te vat waar hulle wil wees. Pruce het met die honderiemtelegram gehoor dat Dutoitspan hul jaarlikse basaar gaan hou en dit is net hier waar hy besluit het om 'n draai by die basaar te maak. Hy het sy eienaar gebring om te deel in die reukvreugde by die tente en die braaivleisvure. 

Geen mens of hond kan aan al die lekkernye blootgestel wees en nie vir jou padkos koop om huis toe te vat nie. En soos duidelik uit die foto blyk, het hy presies geweet waar die beginstalletjie is - die stalletjie waar die kaartjies verkoop word. En daarvandaan het sy neus hulle twee verder gelei van vleisstalletjie na pannekoekstalletjie na die boepensbroodjiestalletjie waar die keuse 'n mens diep laat twyfel het.

Pruce het reeds 2025 se basaar op sy geheuekalender gemerk en hy sien uit na nog 'n Saterdaguitstappie tussen die kosstalletjies en vriendelike besoekers, wat daar was nie 'n mens wat nie met hom 'n geselsie aangeknoop het nie.

Monday 6 May 2024

Basaar 2024: 'n GROOT DANKIE uit die hart!


'n Dankie klink so min, maar dit kom diep uit die hart. Dankie aan almal wat bydraes gelewer het, almal wat só hard agter die skerms gewerk het, elkeen wat sy deel gedoen het, die harde werk wat Saterdag gedoen is en almal wat die dankfees ondersteun het. 

Die gewillige hande wat Vrydag al die tente opgeslaan het en die tafels reggeskuif, het nie ongesiens verby gegaan nie. En hierdie selfde vlytige werkers het Saterdagmiddag die terrein opgeruim en reggemaak en mooi gemaak. Ons waardeer dit baie.

Ons is só dankbaar dat 2024 se basaar tot op hede 2023 s'n oortref. Die finale bedrag sal eers later beskikbaar wees.  
Klik HIER vir 2024-foto's.

Maandag-gedagtesaad

Sunday 5 May 2024

Skyfskiet is nie spek skiet nie ...

Daar was gister vir 'n ieder en 'n elk 'n aktiwiteit om te doen. En een van die lekkerste aktiwiteite vir die seuns was skyfskiet! En op die koop toe was daar heerlike pryse as aansporing - 3 springbokke! Dit kos 'n springbokskut om 'n springbok te wen!

Die hele dag is sake uitgespook en het hulle mekaar opgedreun. En so teen halfdag was die koeël deur die kerk en die wenname op die tafel.

In die tienerafdeling het Tristan de Jager en Adriaan Buitendag mekaar goed opgekeil. Die verrassende einde is dat hulle altwee met 175 punte seëvier.    

In die laerskoolafdeling spog Tiaan Visagie met 'n stewige 140 punte! Duidelik 'n man wat nie bang is vir 'n skoot hael nie.

Baie geluk aan hierdie waardige wenners wat bokspronge van vreugde gegee het. Ons is trots op julle!

!XUN ALFA-gemeente van Platfontein besoek Dutoitspan-basaar


In die sinode in Noord-Kaapland is twee gemeentes vir die San te Platfontein, net buite Kimberley. Die Ned. Geref. Kerk Kimberley-#Gacan (Khwê-gemeenskap) en die Ned. Geref. Kerk Kimberley-!Xun-Alfa (!Xun-gemeenskap). Ds. Petrus Manu (Kimberley-#Gacan) en ds. Mario Mahongo (Kimberley-!Xun-Alfa) is die onderskeie leraars. 

Lede van die !Xun-gemeenskap het hulle unieke kunswerke by die basaar kom uitstal. Hulle het ook die basaargangers na die amptelike opening op 'n tradisionele dans vergas. 

Dutoitspan is aktief betrokke by die restourering van die kerkvloer by Platfontein. En hiervoor het hulle die R100-uitdaging begin. Elkeen wat op 'n indirekte wyse betrokke wil raak, kan gerus hier klik en 'n meer as welkome bydrae maak.    

Verjaardagwense

Zonian (Sally Aucamp), laat die son in jou lewe skyn, laat kommer en vrees verdwyn ... vra die Vader om jou hand vas te hou - Hy sál, want Hy is lief vir jou! Mag Hy vir jou die krag en die genade gee om elke dag met al sy baie uitdagings te kan hanteer. Geniet jou spesiale dag.

Verjaardagwense


Danie (Sally Aucamp), God het vir my en jou geskape om lig te gee in ‘n donker wêreld. Mag jou nuwe lewensjaar vol vrede en vreugde wees. Mag Hy vir jou die krag en die genade gee om elke dag met al sy baie uitdagings te kan hanteer. Geniet jou spesiale dag.

Saturday 4 May 2024

Slaairesep: Estelle se vrugteslaai

Benodigdhede:
4 piesangs
2 kiwivrugte
2 koejawels
2 nektariens/geelperskes
1 pynappel, in blokkies gesny (verwyder stronk)
1 tros druiwe, in helftes gesny en pitte verwyder
8-10 aarbeie, in skyfies gesny
2 eetlepels suiker/heuning
sap van 1 lemoen
sap van 1 klein suurlemoen (opsioneel)

Metode:
1. Sny alle vrugte in blokkies.
2. Meng vrugte en versier met kruisementblare.

Wenke:
Om te verhoed dat jou piesang verkleur in die slaai, gooi suurlemoensap oor gesnyde piesangskyfies, of sit die hele piesang met skil en al in kookwater vir 1 minuut, haal uit, laat afkoel, en skil dan, of sny die piesang in skyfies en spoel af in yskoue water voor jy dit in die slaai sit.