Saturday 8 September 2018

'n Kop vol stories ...

As jong kind het Engela van Rooyen reeds geskryf en as student verskyn haar eerste kortverhaal, Die gemmerpoeding, in 1958 in Die Huisgenoot. Dus die Engela van Rooyen wat vir 6 maande in Dutoitspan-gemeente gebly het Nov. 1960 - Mei 1961), was 'n skrywer. 'n Hartlike mense-mens wat duidelik baie balle in die lug kon hou.

Van Rooyen is ‘n veelsydige skrywer met talle boeke vir oud en jonk wat uit haar pen verskyn het. Een van haar gewildste boeke is sonder twyfel Vuur op die horison, ‘n meesleurende intrigeroman wat afspeel in die tyd van die Suid-Afrikaanse oorlog. Van Rooyen het ook onder drie skuilname geskryf: Engela Linde, Louisa du Toit en Barend Bornman. Laasgenoemde is gebore uit ‘n behoefte aan ‘n meer manlike persona nadat ‘n effens meer robuuste verhaal deur Van Rooyen in ‘n tydskrif geplaas is. Tydens die gesprek het sy verduidelik dat daar dikwels meer as een van haar verhale in ‘n tydsrkif verskyn het, dié dat sy soms ander name moes gebruik – om te verhoed dat die leser besef Engela van Rooyen is verantwoordelik vir albei. 

Tydens die US Woordfees in 2014 is daar gesels oor gunstelingaspekte van
Van Rooyen se werk, met haar landelikheid, unieke omgang met woorde en vurige vermoëns as dit by unieke verhale skryf kom as die hoof besprekingspunte. Die skrywer het groot lof vir haar medewerkers oor die jare en het beklemtoon dat haar uitgewers, redakteurs en redigeerders ‘n groter rol speel as wat dikwels erken word: “Jy sit op 'n eilandjie en dan op n dag hoor jy die geplas van roeispane tot jou redding.” [Van hierdie inligting is by NB Bookslive gaan leen.]

Engela het o.a. vir vyf jaar by die ATKV se skryfskool op die Potchefstroomse Universiteit gehelp.

Een van Engela se susters, Hetta Hager, was ook 'n skryfster. Hetta het dit as haar lewenstaak gesien om Griekwa-woorde en -uitdrukkinge neer te skryf, wat sy ook in boekvorm uitgegee het. Sy het dit met dr. Anton Prinsloo gedeel wat dit o.a. opgeneem het in die boek Annerlike Afrikaans.

Gaan lees gerus die besondere berig oor hierdie
skrywer en dialektoloog.

'




















Enkele tweets van Helené Prinsloo tydens die leesfees in Stellenbosch:

*Haar karakters was haar sekuriteit. "As die lewe onherbergsaam geword het het ek na hulle gevlug," sê Van Rooyen

*Ek was jonk en sterk en ek kon baie dinge doen, sê VR. Het soms selfs 2 verhale in 3 weke geskryf om rekeninge te betaal

*Skryf is nie maklik nie maar dit was vir haar n beroep (as predikantsvrou) en daarom het sy voortgedu sê Van Rooyen

Haar ouers was bobaasvertellers. "Ek het kaas en room gemaak van dit wat hulle kwytgeraak het," sê Van Rooyen

"Daar sal altyd n innerlike stilte wees in n boorling van daardie wereld, dit word jou anker in hierdie rumoerige omgewing"

*Van Rooyen oor uitgewers, redakteurs:"Jy sit op n eilandjie en dan op n dag hoor jy die geplas van roeispane tot jou redding"

*Sy het tien jaar aan Vuur op die horison gewerk. Stem saam met Engelse, "working hard is hardly working."

*Engela van Rooyen sê inspirasie is n werkwonder, pak jou eers as jy besig is om te werk