Showing posts with label Koor. Show all posts
Showing posts with label Koor. Show all posts

Monday, 27 July 2020

Obadja - die Christelike mannekoor

Terwyl die Bybelboek, Obadja, nou onder die loep kom, so 'n stukkie interessantheid. Op 16 Januarie 2010 kom 6 manne bymekaar met die gedagte om 'n mannekoor op die been te bring. 'n Idee word 'n werklikheid en tans bestaan die koor uit 21 lede en nuwe lede is altyd welkom.

Die Christelike mannekoor kom uit die Ouddorp in Nederland en hulle sing psalms, gesange, geestelike liedere en ook Nederlandse volksliedere.

Klik HIER om na die lied De Lichtstad te luister

[Vir verdere inligting - besoek hulle webwerf HIER]

Thursday, 5 April 2018

Nellie du Toit en Dutoitspan...


Nellie du Toit se ma het in Dutoitspan se kerkkoor 
gesing. In 1916, in ds. Kotzé se tyd, is die nuwe
orreltjie in gebruik geneem. Mej. Annie Maritz (Slabbert)
was destyds die orreliste en onder die koorlede vind ons
die name van Hennie en Lettie Venter, asook van mejj.
Ricca van Reenen en Maggie Shingler (Du Toit). 
Laasgenoemde is die moeder van Nellie du Toit, die 
sangeres van Pretoria.
(Van haar moeder, wat self baie musikaal was, het
sy haar eerste onderrig in sang en musiekontvang -
Gaan lees gerus weer die berig.)
Vandag is die Nellie du Toit-merietebeurs 'n
nalatenskap van alles wat sy al in die lewe bereik het.
Bronne: Eeufeesalbum van die gemeente bl. 115
Internet: Nellie du Toit