Showing posts with label Seënwens. Show all posts
Showing posts with label Seënwens. Show all posts

Monday, 3 August 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

* met 'n sagte hart, 'n hart vol liefde.
* met God se wysheid in elke besluit van jou lewe.
* met God se leiding, sy guns en sy genade oor jou. 
* met die wete dat jy 'n Vader het wat jou innig lief het, dat niks wat jy kan doen Hom liewer kan maak vir jou nie, ook nie minder nie.
* om daagliks Sy voorsiening te beleef,
* om Sy totale beskerming en Sy doel vir jou lewe te ervaar.

[Aangestuur deur Rosetta]

Monday, 27 July 2026

Seënbede: Mag jy vandag 'n geseënde mens wees ...

Geseënd is die mens wat ...

in die Woord van die Here sy vreugde vind (Psalm 1:1-2).
in die Woord van die Here onderrig word (Psalm 94:12).
wandel volgens God se Woord (Psalm 119:1).

Monday, 20 July 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

* met die wete dat God jou geroep het met 'n doel, en dat jy daarin sal wandel.
* met jou talente, jou gawes en jou verhoudings.
* met jou finansies, jou besigheid en jou denke.
* met jou lewenstaak met vreugde, harmonie en liefde.
* in jou huwelik, jou gesin en jou drome.
* om jou identiteit te vind in Christus. 

Geseënd is jy, geliefde van God!

[Aangestuur deur Rosetta]

Monday, 13 July 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

God seën u in die oggend
as die eerste sonstraal groet.
God seën u die heeldag lank
en in die middaggloed ...
God seën u in die aand
met die vrede ook daarmee.
Van 'n tevrede hart
en gemoed
wat SY liefde alleen kan gee.

[Jean Kyler McManus]

Monday, 6 July 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Mag die seën van lig met jou wees
Lig aan die buitekant
Lig aan die binnekant
Met God se sonlig skynend op jou
Mag jou hart gloei met warmte
Soos `n kolevuur
Wat vriend en vreemdeling beide welkom heet
Mag die Lig van die Here uit jou oë skyn
Soos `n kers in ‘n vensterbank
‘n verwelkoming vir die vermoeide reisiger ...

Ierse Seëngebed (Vrye vertaling)

Monday, 29 June 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Ag, Here, gee tog heil;
ag, Here, gee tog voorspoed!
Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here!
Ons seën julle uit die huis van die Here.
Psalm 118:25-26

Monday, 15 June 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

* Ek seën jou om oop te wees en gereed te wees om geleer en gelei te word deur Heilige Gees.
* Ek seën jou gees met genesing sodat jy jou gebrokenheid kan oorkom en in volkome genesing kan leef.
* Ek seën jou met goddelike vriendskappe, mense wat jou sal aanmoedig, en jou droom met jou sal deel.
* Ek seën jou gees, jou siel en jou liggaam.
* Ek seën jou met die wete dat niks in jou lewe, verlede of toekoms jou kan skei van die liefde van God nie.

Geseënd is jy, geliefde van God!

Monday, 8 June 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Mag jy rustig en kalm bly in moeilike dae;
Mag jy nog steeds glimlag 
wanneer slegte nuus na jou toe kom;
Mag daar steeds 'n reënboog wees 
na elke storm;
Mag blydskap altyd op jou gesig wys;
Mag daar genoeg sonskyn wees 
om jou hart warm te hou;
Mag daar genoeg mooiheid om jou wees 
vir jou oë om te aanskou;
Mag jy liefdevolle vriendskap ervaar
om jou op te beur in moeilike tye;
Mag jy altyd onthou waar jou hulp vandaan kom!

Monday, 1 June 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Mag vreugde en vrede jou omring
Tevredenheid jou deur se grendel wees
En geluk nou jou deel wees
En jou Seën vir ewig aan
Ierse Seëngebed
(Vrye vertaling)

Monday, 25 May 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Die Here is my herder;
niks sal my ontbreek nie.
Hy laat my neerlê in groen weivelde;
na waters waar rus is, lei Hy my heen.
Psalm 23:1-2

Monday, 18 May 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

* Ek seën jou gees vandag deur die bloed van die Lam.
* Ek seën jou met die wete dat jou Vader jou lief het, ongeag wat jy al gedoen het.
* Ek seën jou met die wete dat Hy jou identiteit ken.
Hy het jou gevorm.
Hy weet hoe jy dink en waarom jy so optree.
Hy weet alles van jou af, jy kan niks vir Hom wegsteek nie.
* Ek seën jou dat jy gekoester mag word in Sy liefde.
* Geseënd is jy, geliefde van God!

[Aangestuur deur Rosetta]

Monday, 11 May 2026

I bless you with this blessings

God bless the work of your hands.
God bless you.
God bless your heart.
God bless your life.
God bless your health.
God bless your home.
God bless your family.
God bless your work.
God bless your spiritual life.
God bless your finances.
God bless all your projects.
God bless you and your family.

Monday, 4 May 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Ek staan vanoggend op met God se krag wat my rig,
God se mag wat my vashou,
God se hand wat my bewaar,
en God se wysheid wat my lei.
Wees van vanoggend tot vanaand, o Here,
by my en in my.
Christus, wees agter my en voor my,
Christus, wees langs my en rondom my,
Christus, wees bo my en onder my.
Christus, wees by my in die uur van stilte én storm ...
praat met my deur die mond van ’n vriend
en deur die oë van ’n vreemdeling.
Amen.

’n Gebed van St. Patrick (Uit boek ‘n lewe naby God’ deur Nina Smit’)

Monday, 27 April 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Want die Here jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
Deuteronomium 15:6

Monday, 20 April 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

met goeie voedsel, 
met die gawe van gesels en hartlike plesier
met die liefde en vreugde wat ons deel vir ewig sal wees
Amen

Ierse Seëngebed (Vrye vertaling)

Monday, 13 April 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Mag God se ryke seën met jou wees.
Mag God sy guns vandag oor jou uitstort.
Mag jy oorvloed genade uit God se hand ontvang.

Monday, 6 April 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Mag daar altyd werk vir jou hande wees
Mag jou beursie altyd `n muntstuk of twee bevat
Mag die son altyd op jou venster skyn
Mag ‘n reënboog altyd elke reën volg
Met die hand van ‘n vriend altyd naby jou
Mag God jou hart vul met blydskap vir jou pad
Ierse Seëngebed
(Vrye vertaling)

Monday, 30 March 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

MAG die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape , naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.

Hebreërs 13:20-21

Monday, 23 March 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Mag die pad 
jou tegemoet strek.
Mag die wind
van agter waai.
Mag die son
jou gesig
met warmte koester.
En die reën
sag-suisend
in jou lewe val.
En mag God jou 
in sy handpalm hou.

Monday, 16 March 2026

Seënbede: Mag jy vandag geseën word ...

Mag jy ...

Genoeg geluk hê ...
om jou dankbaar te maak

Genoeg wind-van-voor kry ...
om jou sterk te maak

Genoeg trane stort ...
om jou naby aan die aarde te hou

En genoeg hoop koester ...
om jou lewenslus te gee.


(Kliek hier vir storie agter die seën)