Showing posts with label Klagtes. Show all posts
Showing posts with label Klagtes. Show all posts

Thursday, 9 January 2025

Dink hieroor: Hartseer maar to só waar


Ons kla oor grys hare -
'n kankerpasiënt wens sy het hare gehad!

Ons kla oor nuwe skoene -
die gestremde wens hy het voete gehad!

Ons gooi kos weg -
honger mense bid net vir stukkie brood!

Ons baklei met ons geliefdes -
êrens in die lewe sit iemand alleen en bid vir liefde om oor hulle pad te kom!

Ons ouers irriteer ons soms of ons opinies verskil -
maar êrens in 'n ouetehuis sit ou mense en bid vir 'n kuiertjie van hul kinders wat hulle weggegooi het!

Ons baklei met ons kinders en ons kinders met ons -
êrens sit n ma of 'n kind by 'n graf en ween en wens net vir nog een dag saam met daardie persoon!

Ons bekommer onsself oor watse geskenk ons gaan kry of koop -
êrens sit n ma en bid dat sy net die Kersfees 'n brood en 'n bottel aanmaakkoeldrank en miskien 'n stukkie hoender vir haar kinders kan voorsit! Wat nog te sê 'n geskenk?

Ons kla oor vet of maer wees -
êrens veg iemand om oorlewing en wag vir 'n orgaan!

Wees dankbaar vir wat jy het,
wie in jou lewe is en 
wees tog geduldig en 
klaar dinge uit op 'n mooi manier!

Dink oor hoe geseënd jy is en
hoe jy dinge sommer maar net verwag omdat dit jou toekom!
Dis aardse goed en 'n gejaag na wind!
Hartsake en liefde is meer werd as enige groot duur geskenk of 'n nietige bakleiery!
Die dood is so finaal,
maak die beste van jou en
jou geliefdes se lewe!!!

Saturday, 25 June 2022

Ons kla ...

Ons kla oor grys hare -
'n kankerpasiënt wens sy het hare gehad!

Ons kla oor nuwe skoene -
die kreupele wens hy het voete gehad!

Ons gooi kos weg -
honger mense bid net vir stukkie brood!

Ons baklei en vloek ons geliefdes -
êrens in die lewe sit iemand alleen
en bid vir liefde om oor hulle pad te kom!

Ons ouers irriteer ons soms of ons opinies verskil -
maar êrens in 'n ouetehuis sit ou mense
en bid vir 'n kuiertjie van hul kinders wat hulle weggegooi het!

Ons baklei met ons kinders en ons kinders met ons -
êrens sit 'n ma of 'n kind by 'n graf en ween
en wens net vir nog een dag saam met daardie persoon!

Ons bekommer onsself oor watse geskenk ons gaan kry of koop -
êrens sit n ma en bid dat sy net die Kersfees 'n brood
en 'n bottel aanmaakkoeldrank en miskien n stukkie hoender vir haar kinders kan voorsit!
Wat nog te sê 'n geskenk?

Ons moan oor vet of maer wees -
êrens veg iemand om oorlewing en wag vir 'n orgaan!
Wees dankbaar vir wat jy het,
wie in jou lewe is
en wees tog geduldig
en klaar dinge uit op 'n mooi manier!

Dink oor hoe geseënd jy is
en hoe jy dinge sommer maar net verwag omdat dit jou toekom!
Dis aardse goed en 'n gejaag na wind!

Hartsake en liefde is meer werd
as enige groot duur geskenk of 'n nietige bakleiery!
Die dood is so finaal,
maak die beste van jou en jou geliefdes se lewe!!!!
[Anoniem]

Saturday, 25 July 2020

Die media bombardeer en ons kla ...

Dink 'n bietjie hieroor!

Ons het in die gewoonte verval om te kla - ons kla oor alles by almal wat 'n gewillige oor leen en sodoende dra ons by tot die donker gemoedstoestand wat oral sigbaar is. Covid-19 het hierdie kla-gewoonte van ons aangevuur tot hoër hoogtes. Miskien is dit tyd om versigtiger met ons woorde en klagtes om te gaan. Die media bombardeer mense met negatiwiteit oor alles - die nuus van die dag. En ons herhaal die nuus wat almal reeds van kennis dra. 'n Bose kringloop. Kom ons breek hierdie gewoonte en ons hou op kla, veral oor onbenullighede, soos die dra van 'n masker, die sosiale afstand, die weer, die swak diens, ens. Daar is mense tussen ons wat deur erger trauma gaan en enige tyd plekke sou wou ruil.

Die mense wat weet sê 'n mens moet elke dag 10 dinge op papier neerskryf waaroor jy dankbaar is. (Skryf dit sommer in 'n oefeningboek en blaai aan die einde van die jaar terug om jou te herinner aan al die goeie dinge wat gedurende die jaar met jou gebeur het.)

Die keuse is in jou hande. Jou gesindheid teenoor die pandemie is in jou hande. Moenie dat hierdie keuse deur die media beïnvloed word nie. Wees waaksaam, wees stil en weet wie die Here is.

Hy is nog altyd in beheer ...