Belydenisaflegging 2023

Terug na HOME PAGE

Belydenis was nog altyd ‘n spesiale geleentheid in ‘n jongmens se lewe. Dis ‘n geleentheid om te antwoord op God se roepstem wat ons reeds met ons doop hoor. Dit is ‘n kans om te getuig van dit wat ons glo as kinders van God en om aan te meld vir diens in die huisgesin waarin God ons laat grootword het.

Om seker te maak dat ‘n jong gelowige ten volle weet wat hierdie beloftes aan God behels is dit die gemeente se verantwoordelikheid om seker te maak hulle is goed voorbereid en ingelig daarvoor.

Daarmee saam is dit ‘n geloofspad wat hulle voorberei om met meer as net hulle woorde te bely wat hulle glo - om te help vorm aan lewens wat elke dag getuig van die wonderlike God in wie ons glo.

Vandag is 'n vreugdedag in elke ouer, grootouer en jong nuwe belydende lidmaat se lewe.

Verrigtinge in die kerk

Doop

Nagmaal


Foto's in die kerktuin

Foto's in die saal

Foto's verskaf deur Elsa Minne

No comments:

Post a Comment