Tuesday, 27 October 2026

Mandjie Hoop: Klagtes

As jy vandag kla oor jou bord kos te min is ~
Gaan kyk hoe krap mense in vullisblikke vir iets om te eet.

As jy vandag kla omdat jou bed te klein is of te ongemaklik is om op te slaap ~
Gaan kyk hoe mense op koerantpapier slaap.

As jy vandag kla oor hoofpyn ~
Gaan kyk in hospitale se ICU hoe mense veg vir hulle lewens.
 
As jy vandag kla oor jou ouers se foute en se tekortkominge ~
Gaan weeshuise toe en kyk hoeveel kinders is sonder ouers.

As jy vandag kla oor jou tweevertrekhuis ~
gaan kyk hoe mense in hokkies bly.

As jy vandag kla oor die lewe en oor jou lewe ~
gaan kyk in enige begrafplaas.

Daar is so baie wat net smag om te hê wat jy het ...
'n kans om alles reg te maak en te waardeer wat jy vandag nie wil waardeer nie ...

Alles wat ons vandag is en het, is genade en 'n voorreg ...
So gryp elke oomblik aan en dank GOD vir die min in jou lewe
 
EN

dank Hom vir die voorreg wat jy het om met die min dankbaar te wees ...
want daar's baie wat nie het wat jy vandag het nie ...

Moet nooit die lewe as vanselfsprekend aanvaar of ondankbaar wees nie ...
DANK GOD elke dag vir genade uit Sy hand!!

[Boodskap geleen]