Showing posts with label Grootheid. Show all posts
Showing posts with label Grootheid. Show all posts

Sunday, 27 September 2026

Hoe groot is U my God

Hoe groot is U goedheid, 
wat U gebêre het vir dié wat U vrees, 
wat U berei het vir dié wat by U skuil, 
voor ons teëstanders!
In die skuilplek van U teenwoordigheid 
verberg U ons vir die samesweringe 
en listige planne van mense. 
U hou ons in die geheim 
in 'n skuiling teen die twis van talle mense.

Wat is ware liefde?
Ware liefde VERSTAAN.
Ware liefde VERGEWE.
Ware liefde HELP ander.
Ware liefde gee ERKENNING.
Ware liefde GENEES.
Ware liefde INSPIREER.
Ware liefde sien net die BESTE in ander.
WARE liefde fokus nie op die negatiewe nie.
Ware liefde manipuleer nooit.
Ware liefde BESKERM.
Ware liefde gee HOOP.
Ware liefde REIK UIT.
Ware liefde GEE graag.
Ware liefde stel VRY.
Ware liefde LUISTER.
Ware liefde stel opreg BELANG.

Hoekom is liefde so KRAGTIG? 
Want ... GOD IS LIEFDE!

Thursday, 20 November 2025

Dink hieroor: Met wie omring jy jou?

Omring jouself met die dromers en die doeners
die gelowiges en die denkers
maar die heel meeste van almal;
omring jouself met hulle
wat die grootheid in jou kan sien!

Friday, 20 June 2025

'n Lied wat die grootheid en heerlikheid van God besing

“When We All Get to Heaven” is ’n Christelike lied. Eliza E. Hewitt het dit in 1898 geskryf. Emily D. Wilson was verantwoordelik vir die musiek. Eliza loof die Here Jesus vir Sy wonderlike liefde. Sy sien uit na die wonderlike dag wanneer almal in die hemelse Koninkryk herenig met Hom sal wees. Met die lees van hierdie lied, word 'n mens net meer bewus van die grootheid van God, en die heerlikheid wat voorlê wanneer ons by Hom sal wees in die ewigheid.

One day You’ll make everything new, Jesus
One day You will bind every wound
The former things shall all pass away
No more tears

One day You’ll make sense of it all, Jesus
One day every question resolved
Every anxious thought left behind
No more fear

When we all get to heaven
What a day of rejoicing that will be
When we all see Jesus
We’ll sing and shout the victory

One day we will see face to face, Jesus
Is there a greater vision of grace?
And in a moment we shall be changed
On that day

And one day we’ll be free, free indeed, Jesus
One day all this struggle will cease
And we will see Your glory revealed
On that day

Die lied is gebaseer op Openbaring 21 en 22 waar ons geleer word van Jesus se wederkoms, en van die ewige lewe by die Vader.