Showing posts with label Gees. Show all posts
Showing posts with label Gees. Show all posts

Monday, 15 September 2025

Gebed: My gebed vir jou ...

Ek lê jou vandag voor Jesus neer
Hy ken jou naam, jou lag, jou seer.
Hy ken jou omstandighede 
die dinge wat jou pla
Hy hou jou hand, Hy wil jou dra.
Hy neem elke las, kommer en vrees
Hy het gesterf sodat ons vry kan wees.
Ek bid vandag dat jy Sy Gees ervaar
dat jy staande sal bly, Hy is altyd daar.
Moenie kyk na die berg voor jou
Sien die kruis, en moenie daaroor rou.
Sy bloed het gestort vir jou en my
Hy het ons van satansmagte bevry.
Moenie dat versoekings jou onderkry
Sing lofsange, juig en wees altyd bly.
Jy is ‘n Koningskind, geroep by die naam
Hy het jou lief, elke treë stap Hy saam.
Jou hand in Syne, Hy sal jou nooit laat los
Hy het die prys betaal, jou volkome verlos.
My gebed is dat Hy jou seën met alles wat mooi is:
Liefde, vrede, vreugde, wysheid, vriende, 
glimlaggies, sonskyn, en gawes van die Gees.
Dankie, Vader, dat U verhoor.
Amen

[Aangestuur]

Friday, 29 November 2024

Mandjie Hoop: Dringende rus nodig

Al die krisisse van die laaste tyd,
het jou liggaam siel en gees uitgeput.
Totaal gedreineer.
Dis nie net jou liggaam wat moeg is nie.
Jou siel is moeg.
Jou kop is moeg.
En jou hart.
Soms voel jy net niks.
Dood.
Koud.
Afgestomp.
Maar Ek sal jou weer optel en opbou, sê die Here.
Ek sal vir jou rus gee.
Ware rus.
My rus.Bonatuurlike rus.
Jou gedagtes sal stil raak.
Die storm sal bedaar.
Jy sal kalmte en rus vind in my sterk arms.
Nuwe energie.
Nuwe hoop.
Genesing vir jou emosionele wonde.
Nuwe geloof.

[Dankie, Anna.]