Showing posts with label Denke. Show all posts
Showing posts with label Denke. Show all posts

Thursday, 25 June 2026

Dink hieroor: Is jy 'n mensebehaer en oëdienaar?

Wanneer God iemand nodig het om in sy wingerd te werk, vra Hy nie of die persoon besondere kwalifikasies of groot natuurlike vermoëns besit nie. 

Hy vra eerder: 
* Is sy hart onverdeeld op My gerig? 
* Is hy gewillig om in die geloof te volg waar Ek lei en om My te alle tye in nederige onderworpenheid te gehoorsaam?
* Sal hy gewillig wees om ter wille van My Naam oneer en onreg te ly?
* Sal hy tevrede wees wanneer Ek hom tugtig om hom vir groter diensbaarheid te bekwaam?
* Is hy 'n mensebehaer en oëdienaar? 
* Soek hy slegs die eer van God in alle omstandighede?

Wanneer God so 'n persoon vind, sal Hy hom gebruik.

[Samuel Logan Brengle]

Thursday, 21 May 2026

Ek is bereid om in jou skoene te loop

Dr. Elsje Büchner: "Ware omgee vra dat ek en jy bereid sal wees om in iemand se skoene te loop. Jy moet bereid wees om te voel wat hulle voel. Omgee beteken dat jy sal seker maak wat vir die ander persoon belangrik is, hoekom hulle sekere dinge vra en sê. Dit is presies wat Jesus gedoen het en wat God van ons vra. Hy het saam met die eenkant mense gaan sit en na hulle geluister, gehoor wat regtig vir hulle saakmaak en wat hulle seermaak. Hy het die krete van armes en eenkant mense gehoor. Hy het in hulle skoene geloop. Hy het selfs sy dissipels se voete gewas.  
 
Jy moet 'n fyn oog en oor ontwikkel vir ander se lag en huil sodat jy saam in hulle skoene kan gaan staan en die pad saam met hulle stap."

[Bron: Plus 50 * Oktober/November 2025]

Thursday, 23 April 2026

Dink hieroor: Positiewe denke kan jou lewe verander

* Positiewe denke kan jou help om geleenthede raak te sien waar ander net struikelblokke sien.
* Deur positief te dink, kan jy jou geestelike en fisiese gesondheid verbeter.
* Positiewe denke kan jou hele perspektief verander.
* Positiewe denke verander jou in 'n ligdraer.

Tuesday, 13 January 2026

Mandjie Hoop: Hoop is 'n genadegawe

Johan Cilliers: "Die Christelike hoop is op geen manier vrug van óns genialiteit of óns godsdienstigheid nie. Ons kan dit nie sélf skep nie. Dis nie bloot die gevolg van die krag van óns sogenaamde positiewe denke nie. Nee, dis ‘n gawe van God wat Hy telkens weer aan ons moet skenk, elke keer weer vars en nuut in elke nuwe situasie van krisis en wanhoop. En die wonder is, Hy doen dit keer op keer!" 

Hoop is dus ‘n genadegawe van God, wat al Sy beloftes getrou in stand hou.

Thursday, 11 December 2025

Dink hieroor: Jou denke

Ons lewenskwaliteit en suksesse wat ons in die lewe behaal, word deur ons denke oor ons omstandighede bepaal. Dit is ons DENKE wat ons motiveer of demotiveer om iets te doen, betrokke te raak of om te onttrek. 

Ons moet daagliks doelbewus daaraan werk om hierdie hierdie kritieke waarheid te kan toepas, maar belangriker nog is dat ons dit vir ons kinders moet leer.

Die manier HOE jy dink, bepaal ook HOE jy na jou omstandighede kyk en daarom is dit een van die  belangrikste opvoedingstake wat ons het. Goeie karatereienskappe is 'n groter geskenk as modeklere en moderne speelgoed. Rus jou kind toe met eienskappe wat hom of haar deur hul lewe kan dra.

Dit is dus ons DENKE oor ons omstandighede wat ons suksesse bepaal.

Sit en gesels met jou kind en stel vas hoe hulle oor sekere aspekte van die lewe voel en jy sal maklik kan vasstel watter karaktereienskappe kort 'n bietjie aandag en watter onsekerhede is reeds uit die weg geruim.

Onthou, jy lê die fondasie vir jou kinders se lewenskwaliteit. Dink daaroor hierdie Kersfees as jy met die duur onnodige speelgoed in jou hand staan. Gaan hierdie speelgoed wat ek op my kredietkaart gaan koop, bydra tot my kind se mensweessuksesse of sus ek my ouergewete?? 

Monday, 12 August 2024

My begin en my einde ...

Mag God in my kop wees;
En in my insig;
Mag God in my oë wees,
Mag God in my mond wees;
En in my taal;
Mag God in my hart wees;
En my denke bepaal;
Mag God by my einde wees;
En by my begin. 
- Anoniem -