Basaar: foto's van 1969 - 1975

Terug na HOME PAGE


Jane Pienaar se gebreide teddies en droë rangskikkings











Jane Pienaar se verskillende lekkergoedhouers
Die rooi en groen houers was industriële garingtolle wat
iemand bymekaar gemaak het vir 'n moontlike hergebruik
en wat toe uiteindelik lekkergoedhouers geword het.


Lekkergoedhouers in die laat 60's.

Nog lekkergoedhouers.

Lekkergoedhouers vir die lekkergoedtafel - hoe bonter
en blinker hoe beter vir die kinders.

Lekkergoedhouers - op 'n stadium was hierdie roomys-
horinkies met die malvalekkers vir gesigte baie gewild,
maar ook baie tydrowend. Gesiggies is met 'n tandestokkie
en koekkleursel opgeverf. Nie een gesiggie het ooit dieselfde
gelyk nie. (Die laat 60's en 70's)

Jogurthouers maak lekker nargesigte.


Jogurthouers met 'n verskil.

Twee hompie-kedompie-vrugtekoeke wat deur
Alida de Koker gebak is vir Dutoitspan se kerkbasaar.
Alida het in Esselenpark gebly en haar swaer, Schalk Pienaar,
het die naweek voor die basaar die vrugtekoeke gaan haal.
Hierdie koeke is aan die einde van die basaar opgeveil
en het heelwat geld ingebring.

Elke jaar het die bod op Herman en Anna Groenewald
geval, want hulle het die koeke gekoop vir hul kinders
se verjaardae wat nie lank na die basaar was nie. Hierdie
vrugtekoeke was 'n jaarlikse instelling en Anna het elke jaar
vir Jane gebel, net om seker te maak of haar suster
wel daardie betrokke jaar weer haar langafstand-bydrae vir
die Dutoitspan-basaar gaan bak.