Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE nie oortree nie om goed of kwaad uit my eie hart te doen nie; wat die HERE spreek dit sal ek spreek.
So is Jesus ook in die woestyn deur satan versoek, maar Jesus het net die wil van die Vader gedoen, en die satan het hom verlaat.
Wees vandag Seun-bewus en nie sonde-bewus nie; as jy op jou sondes konsentreer en sê: ek sukkel om dit te oorwin is jy heeltemal reg.
Hou Jesus die oorwinnaar van sondes in jou oog. Hy is jou kampioen vegter en Hy neem jou sondes weg. Jy is nou vry van sondes in die Heilige Gees deur Christus wat jou gereinig en geheilig het.
Hy het die Heilige Gees vir jou gegee om jou te leer en te laat spreek wat die Vader verlang.
Liewe Vader, laat u Naam geheilig word. U koninkryk is in my en my liggaam is u tempel. Ek wil ook soos Bileam net spreek wat U spreek. Ek wil u Naam verheerlik vir wie U is. Al my dank en eer aan U in die Naam van u Seun Jesus Christus. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
