Sunday, 22 November 2026

Mossiestilte: Ps. 25:15

Ajin. My oë is altyddeur op die HERE, want Hý sal my voete uit die net uitlei.

As jou oë altyddeur op jou sondes gerig is, gaan jy nie verlos word daarvan nie. As jou oë altyddeur op die HERE (die Seun van God) is, sal Hý jou sondes wegneem. Dis waarvoor Jesus gesterf het; om jou van jou sondes te red. Jy kan nie jouself red nie.
Die vyand span vir jou 'n net om jou te vang in sondes, maar God sal jou voete uit die net uitlei.
Jy is vergewe van jou sondes, wat jy nie verdien nie, maar God se genade gee dit vir jou.
Die dood wat jy verdien, weens jou sondes, het Hy weggeneem en aan jou die ewige lewe gegee.

Dankie, my Vader, vir u getrouheid. Net die bloed van Jesus heilig en reinig my, om voor die Almagtige God te mag staan. U het my van al my benoudhede gered en my uit my angste uitgelei. Ek sal vernag in u goeie. My oë bly op U gerig; my verwagting is die hele dag van die Here. Amen. 

[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]