Showing posts with label Sonskyn. Show all posts
Showing posts with label Sonskyn. Show all posts

Tuesday, 14 October 2025

Mandjie Hoop: Seëninge so ontelbaar soos sand

Mag jy vandag ...
LIEFDE so diep soos die see,
VRIENDE so eg soos diamante,
GELUK wat skitter soos goud en
SEËNINGE so ontelbaar soos sand 
beleef! 

[Dankie, Rosetta]

Sunday, 21 September 2025

BRIEFIE VAN JESUS

My dierbare Vriend

Hoe gaan dit met jou? Ek móét net hierdie briefie aan jou skryf om jou te vertel hóé baie ek vir jou omgee ...
Ek het gister gesien hoe jy met jou vriende gesels en het die hele dag gewag in die hoop dat jy ook met My sal gesels ...

Ek het aan jou 'n sonsondergang gegee om jou dag mee af te sluit, en 'n koel briesie om jou te verfris, en gewag ... maar jy het nie gekom nie. Dit het My díép seergemaak, maar ek hét jou nog steeds lief, want jý is Mý vriend.

Ek het jou laasnag sien slaap en wou graag jou voorkop streel, toe laat ek maar die maan se strale oor jou gesig speel; wéér het ek gewag ... gereed om my na jou te haas sodat ons lekker kon gesels. My trane was in die reën.

As jy maar net wil luister. Ek het jou só ontsettend baie lief. Ek probeer om dit aan jou te vertel in die blou lug en in die stil, groen gras; ek fluister dit in die blare van die bome en adem dit uit in die kleure van die blomme, roep dit jou toe in die gekabbel van die bergstrome en gee aan die voëltjies liefdesliedjies om vir jou te sing.

Ek klee jou met die koesterende sonskyn en sprei die aangename geure van die natuur oor jou uit. My liefde vir jou is díéper as die díépste oseaan, en gróter as die grootste begeerte in jou hart.

Vrá na my? Práát met my? Moet my ásseblief nie ignoreer of vergeet nie? Ek het só baie om met jou te deel!!
Ek sal jou nie verder pla nie ... dis jóú besluit of jy 'n plekkie in jou hart aan My wil afstaan ... Ek het vir jóú gekies en ek sal áltyd op jou wag - want ek het jou innig lief en sal jou vir ewig liefhê!

Jou vriend
JESUS

[Dankie, Rosetta]

Tuesday, 18 March 2025

Mandjie Hoop: Pak vandag met geloof aan

Pak vandag aan met ...
God se krag wat jou rig,
God se mag wat jou vashou,
God se hand wat jou bewaar
en met God se wysheid
wat jou lei!
[Dankie, Ena]

Tuesday, 11 March 2025

Mandjie Hoop: Seën vir vandag

Mag elke oomblik
maklik wees vir jou
omdat jy in alles
vir God ken.
Mag Hy jou
elke dag versterk!!

Tuesday, 4 March 2025

Mandjie Hoop: Klein bietjies ...

Klein bietjies omgee keer groot hartseer.
Klein liefdesblykies droog groot trane.
Klein boodskappies bring groot vreugde.
Klein glimlaggies verlig groot donkerte.
Klein herinneringe bly vir altyd.
Dit is die klein dingetjies wat die lewe
die moeite werd maak en
ons vir mekaar onmisbaar maak.  
[Dankie, Ena!]

Tuesday, 25 February 2025

Mandjie Hoop: Dank God elke oomblik

Loof God wanneer jy gelukkig is,
soek God wanneer jy swaarkry.

Aanbid God wanneer jy stil word,
vertrou God wanneer jy hartseer is.

Dank God elke oomblik en maak
Hom die anker in jou lewe!! 

Tuesday, 18 February 2025

Mandjie Hoop: Vir wie sou ek vrees?

Die HERE is 
my LIG en
my REDDER,
vir wie sou ek bang wees?
Die HERE is 
my TOEVLUG
vir wie sou ek vrees? 
[Dankie, Ena]

Tuesday, 28 January 2025

Mandjie Hoop: Hoogste aspirasies

Ver weg in die sonskyn is my hoogste aspirasies.
Ek sal hulle dalk nie bereik nie,
maar ek kan na hulle opkyk
en hulle prag sien,
in hulle glo
en probeer gaan waar hulle my lei.
[Louisa May Alcott]