My dierbare Vriend
Hoe gaan dit met jou? Ek móét net hierdie briefie aan jou skryf om jou te vertel hóé baie ek vir jou omgee ...
Ek het gister gesien hoe jy met jou vriende gesels en het die hele dag gewag in die hoop dat jy ook met My sal gesels ...
Ek het aan jou 'n sonsondergang gegee om jou dag mee af te sluit, en 'n koel briesie om jou te verfris, en gewag ... maar jy het nie gekom nie. Dit het My díép seergemaak, maar ek hét jou nog steeds lief, want jý is Mý vriend.
Ek het jou laasnag sien slaap en wou graag jou voorkop streel, toe laat ek maar die maan se strale oor jou gesig speel; wéér het ek gewag ... gereed om my na jou te haas sodat ons lekker kon gesels. My trane was in die reën.
As jy maar net wil luister. Ek het jou só ontsettend baie lief. Ek probeer om dit aan jou te vertel in die blou lug en in die stil, groen gras; ek fluister dit in die blare van die bome en adem dit uit in die kleure van die blomme, roep dit jou toe in die gekabbel van die bergstrome en gee aan die voëltjies liefdesliedjies om vir jou te sing.
Ek klee jou met die koesterende sonskyn en sprei die aangename geure van die natuur oor jou uit. My liefde vir jou is díéper as die díépste oseaan, en gróter as die grootste begeerte in jou hart.
Vrá na my? Práát met my? Moet my ásseblief nie ignoreer of vergeet nie? Ek het só baie om met jou te deel!!
Ek sal jou nie verder pla nie ... dis jóú besluit of jy 'n plekkie in jou hart aan My wil afstaan ... Ek het vir jóú gekies en ek sal áltyd op jou wag - want ek het jou innig lief en sal jou vir ewig liefhê!
Jou vriend
JESUS
[Dankie, Rosetta]