Tuesday, 23 September 2025

Mandjie Hoop: Ek weet aan Wie ek my toevertrou het

“Aan U o God my dankgesange
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange
U lig, my Lig, sal hoër rys!
 
U het my met U guns versadig
en as n Vader my beskerm;
met seëninge so mildadig
U dag en nag oor my ontferm.

Ek weet aan Wie ek my toevertrou het
al wissel dan ook dag en nag.
Ek ken die Rots op wie ek gebou het
Van wie ek al my heil verwag.

Eens aan die avond van my lewe
sal ek van sorge en moeite vry
vir elke dag my hier gegewe
U hoër, reiner loflied wy!”